Saturday 19 January 2013

Siektes – Slot



Nie elke siekte is a.g.v sonde nie. Ons kan ook ons eie siekte oor onsself bring en dat ons ook siek kan wees tot eer van God.

 Ons lees in Joh 9:1-3 Waar die dissipels vir Jesus vra hoekom is die man blind gebore is dit sondes wat hyself gedoen het of sondes wat van sy ma of pa oorgedra is? (vers 3) Jesus antwoord “Hy is nie sondig nie, en sy ouers ook nie, maar die werke van God moet in hom geopenbaar word,

M.a.w die man is blind gebore tot glorie van God, as ons verder lees sien ons dat Jesus dan die man genees van sy blindheid. Sy siekte was nie tot eer van God nie, maar sy geneesing was.

Ons bring ook siektes wat gepaard gaan met stress, oormoegheid, angs-aanvalle, allergie, migrains, kroniese hoofpyn, rugkwale, hoe bloeddruk, suikersiekte….die lys hou aan en aan oor onsself omdat ons nie op God vertrou nie. God het die wereld gemaak in 6 dae en gese die 7de dag moet ons rus en die dag heilig.

God se nie sommer maar net om te rus en die dag te heilig nie, Hy BEVEEL ons om dit te doen. Sabbat dag mag ons nie eens ‘n vuur aansteek (Ex 35:3) en God belowe jou dat as jy kos voorberei die dag voor sabbat sal Hy dit vars hou sodat jy nie op sabbatdag hoef te kook of  kos voorteberei nie (Ex 18:23 &24) Ons ken die 10 gebooie waar ons beveel word dat jou os en esel, jou diensknegte en jyself nie mag werk op sabbat nie want die dag is geheilig (Lev 23:3)GEEN werk mag julle doen nie, dit is die sabbatdag van die Here in al julle woonplekke.

Nou wat het dit alles met siektes te doen?

Kyk wat se God! Ex 31:14-17 Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit onheilig moet sekerlik gedood word, want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word.

Jer 17:27 (verkort) Maar as julle nie na My luister om die sabbatdag te heilig nie….sal Ek ‘n vuur in sy poorte aansteek….wat nie uitgeblus sal word nie.

Hoe word jou siel uitgeroei en jy gedood? Deur siektes! God stel dit duidelik dat ons Sy sabbatdag moet heilig en nie moet werk nie, Hy se dit is ‘n dag om te RUS!

Verder het God dag en nag gemaak, in die dag moet jy arbei en in die nag moet jy rus! God het nie foute gemaak toe Hy die wereld of die mens gemaak het nie. Hy het dag en nag gemaak omdat hy die mens geskape het om te rus tussen in. So ons is nie gemaak om 24uur ‘n dag te werk nie, nog minder om 7dae ‘n week te werk nie, en as ons nie luister nie ontwikkel ons siektes wat spruit uit oor-moegheid. Ons raak knorrig as ons nie genoeg rus nie, dit is nie van God af nie, ons weet wat die vrug van die Gees is, en knorrigheid is nie een van dit nie, ons stress oor werk wat nie afgehandel word nie, terwyl God ons beveel het om te rus op die 7de dag, terwyl God nag gemaak het sodat ons kan slaap en nie werk nie!
So siektes wat spruit uit stress en oormoegheid is omdat ons dit aan onsself doen en nie luister na hoe God ons gemaak het nie.As jy jouself oorwerk, word jou immuunstelsel beskadig en kan jou liggaam homself nie meer genees soos wat hy “geprogrameer” was om te doen nie

Ander siektes wat ons aan onsself doen is dinge soos rook, oor-eet, drank misbruik, seksuele oortredinge en self medikasie. Dwelm,drank,rook en oor-eet is wel verbonde aan emosionele probleme, maar nie almal nie, dit is tog in seker gevalle mense se keuse om dit te oor doen. Die newe-effekte op medikasie doen meer skade as goed aan mens se liggaam.

Nie alle siektes is afkomstig van sonde nie, maar omtrend 80-85% van siektes is verbonde aan wortelprobleme in die sielsdimensie. En wanneer die siel siek is begin ons skade aan onsself doen en begin ons sondig teen God se Woord en insettinge. Goed soos skinder, mense afbreek, kerk kritiseer, ongelowig raak ens is sondes teen God se Woord en sit maak jou liggaam siek.

Paar verse wat genoem word oor skinder/kritiseer en sleg praat.

Rom 1:29 Jaloesie, moord, skelm wees, skinder….
Ef 5:4 Skinder pas nie by God se kind nie….
Mat 15:19 Om mense te belaster….
Jak 3 Beheersing van die tong…
Mat 7:1-6 Moenie ander oordeel sodat God jou nie oordeel….
Jak 4:11-12 Wie dink jy is jy om ander te oordeel…..
1 Pet 3:10 Want wie die lewe wil liefhe en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie

Skuldklier siektes kom uit ‘n bitsige tong!

Ten slotte Rom 13:5 Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp (aan God se insettinge), nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete (jou siel).

Gebed:

Vader in die kragtige Naam van Jesus vra ek U om aan my uit te wys deur U Gees as ek emosionele probleme het wat wortelprobleme is vir my siektes, Ek glo dat ek deur die wonde van Jesus genees is (1Pet 2:24) en dat U die God is wat genees (Ex15:26), daarom Vader weet ek dat ek genesing kan ontvang as ek my denkwyse verander, genees my siel en hart van enige en alle ongeregtighede sodat ek U welgevalle wil van my lewe kan ontvang.
Ek vra dit nie uit verdienste nie, maar uit U Groot genade.
In Jesus Naam
Amen

SIEN OOK - GOD MAAK NIE DOOD NIE

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berarading of gebed benodig kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...