Saturday 15 September 2012

Die slagspreuk van “Once saved, always saved”, is dit reg?

English: Resurrection of Christ
English: Resurrection of Christ (Photo credit: Wikipedia)



‘n Nuwe ding het nou by kerke kop uitgesteek, dat as jy een keer gered is, is jy vir altyd gered en gaan jy hemel toe.

Die Bybel waarsku ons herhaaldelike kere dat ons moet waak teen valse profete, en om te se nadat jy jou lewe vir Jesus gegee het kan jy sondig soos jy wil is nie net verkeerd nie, maar heeltemal teen die Woord van God.

Eseg 22:26 Sy priesters verkrag My wet en ontheilig My heilige dinge, tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie, daarby maak hulle, hul oe toe vir My sabbatte, ja, Ek word onder hulle onheilig!

Jer 5:31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy, oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so he.

 Johannes waarsku ons in 1 Joh 4 vers 1-6 om te waak teen die valse leraars, in vers 3 se hy dat die gees van die Antichris al reeds op die aarde is. Hoe regverdig mense dit om te se “Once saved always saved” as die Woord ons duidelik vertel dat ons Jesus moet aanneem en dan heilig moet lewe soos Hy heilig is. Watter doel het Jesus vandag vir ons as ons Hom net een keer hoef aan te neem om die ewige lewe te beerwe en daarna kan ons maar massa moordenaars en verkragters word? Hoekom gaan ons dan kerk toe? Moet ons dan nie net een kerk het waar mense gedoop word een maal per maand en daar gaan jy…gered tot in ewigheid en jy hoef nooit weer terug te kom kerk toe nie. As die woorde waar is kan mans mos maar hulle vrouens verneek soos hulle wil, en as die vrou nie daarvan hou nie, kan sy hom skei en ‘n ander man gaan soek, dan is die huwelik nie meer ‘n heilige instelling van God nie, nagmaal bestaan dan nie meer nie, geen wette hou jou na jou redding meer vas nie, en ons kan ons Bybels weggooi want dan is niks wat daarin staan meer van belang nie, behalwe dat Jesus aan die kruis gesterf het vir jou sonde, tot in ewigheid!

 In Hebreers 10 lees ons om in geloof te verhard en nie te sondig nie, vers 26-29 (verkort)  
26)Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sonde meer oor nie,
27) maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teenstanders sal verteer.
29) hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur Hy geheilig is, onrein geag en die Gees van die genade gesmaad het?

Weereens moet ek terug kom na die laaste verse van Openbaring 22:18&19 dat ons nie mag byvoeg en weglaat wat in die Bybel geskryf is nie. Om te se “Once saved, always saved, laat jy meer as die helfde van die Bybel weg en jou oordeel is in Open 19(verkort) en die dier is gevange geneem en saam met hom die valse profeet en saam is hulle in die vuur gewerp vir 1000 jaar.

Lees die boek Mattheus 5, hier vertel Jesus ons hoe ons moet leef,  en Hy eindig met vers 48 en se Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is.

As ons een maal gered is, hoekom het Jesus dan gese hoe ons moet leef? In vers 8 se Hy Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien!

Hoekom ontvang ons die Heilige Gees nadat ons wedergebore is as ons kan doen wat ons wil?

Galasiers 5:16-26 vers 19 -21 en die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, tweedrag, partyskap, afguns, moord, dronkenskap, brassery en derglike dinge, waarvan ek julle vooraf gese het, dat die wat sulke dinge doen, die koningkryk van God nie sal beerwe nie.
(22) maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, teen sulke dinge is die wet nie, maar die wat aan Christus behoort het die vlees met  sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig

Net hierdie gedeelte in Galasiers behoort jou alreeds te oortuig dat die stelling van “een keer gered, altyd gered” nie waar is nie.

As ons Jesus aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, moet ons heiliger lewe, en hoe meer ons heilig word, en reg lewe, hoe minder wil ons sondig, maar ons is mens en God weet ons is nie volmaak nie, en daarom kan ons na Jesus gaan in gebed en weer en weer vergifnis vra vir ons foute en oortredinge, so nadat jy gered en gedoop is, het jy Jesus se vergifnis nogsteeds nodig!

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...