Wednesday 5 September 2012

Hoe weet ek my sondes is vergewe?





Baie mense sukkel met ou sondes wat hulle dink nooit vergewe is of  kan word nie. Hierdie “onvergeeflike” sondes hou hulle weg van God, deur skaamgevoelens, deur skuldgevoelens en soms sommer net as verskoning oor hoekom hulle nie kerk toe kan gaan of God kan dien nie.

Behalwe dat ons almal weet Jesus het aan die kruis gesterwe vir ons sondes, kom ons kyk watter ander Bybel verse verseker ons van ons vergifnis.

Rom 5:20 & 21 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word, en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword, (21) sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

Die Woord se: Jou sondes sal sonder verdienste vergewe word (Rom3:24) dat jy rooi gevlek was van sonde, maar dat jy wit gewas sal word (Jes 1:18). God se: Ek het jou skuld van jou weggeneem en Ek beklee jou met feesklere (Sag 3:4). Ek sal jou vergewe en jou sondes vergeet (Heb 8:12) Jesus se: Maar dat julle kan weet dat Hy mag het om sondes op aarde te vergewe (Matt 9:6) Die Here sal jou sondes nie toereken nie (Rom 4:8) God sal nie vir ewig vir jou kwaad bly nie (Ps103:3).

Lees Heb 8 Die nuwe verbond wat God met ons sluit deur Jesus, Lees dan ook Heb 9:11-22. Dat God ‘n verbond van vergifnis met ons sluit deur die Bloed van Jesus, veral vers 14. Hoeveel te meer sal dieBloed van Jesus ons gewete bevry van die las van die dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien!

Wat gebeur met ons sielkundig as ons sondig?

Ons voel skaam en skuldig, ons begin twyfel of God nog na ons gebede luister, dit blok ons om te bid, kerk toe te gaan, Bybel te lees en veroorsaak emosionele probleme in ons lewens.

Wat gebeur met ons liggaam as ons sondig?

Rom 7:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van  God is, die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Kan God my laat sondig?

Nee! Jak 1:13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, se “Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Is sonde en versoeking dieselfde?
Nee, Versoeking is die deur wat oopgemaak word tot sonde. Dit is jou keuse of jy deur die deur gaan loop en sondig of nie. Jesus was versoek, maar het nooit gesondig nie. Kyk hoe mooi verduidelik die Bybel dit.

Heb 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoepriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. (15) Want ons het nie‘n Hoepriester wat nie met ons swakhede medelye kan he nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. (16) Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Vra vergifnis vir jou sondes, glo jy is vergewe en sorteer jou lewe uit. Satan is die vader van leuens, hy vertel jou jy is nie vergewe nie, God is die God van Liefde en het jou vergewe sonder verdienste.

As jy geblok word om te bid, bid die sondaars-gebed. Die Onse Vader!

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...