Saturday 8 September 2012

Bestaan God regtig? – Deel 2



 Beautiful Iris purple flowers wallpapers

As iemand se daar is nie lewe na dood nie, daar is nie hemel of hel nie, jy gaan dood en dit is die einde, dan bestaan die mens net in vlees, want dit is die gees wat die liggaam verlaat en aanbeweeg na waar dit ook heen moet gaan.

So as daar nie ‘n gees (siel) is nie, dan is daar ook nie ‘n God, Jesus, satan, demone, engele of enige ander geeste nie, selfs nie spoke nie (as jy dom genoeg is om in spoke te glo).

Dit bring my terug na die Big Bang storie toe…as dit waar is en ons het begin bestaan uit molekules en materie, en wonder bo wonder het ons ‘n (fantastiese) brein ontwikkel uit hierdie stof storie uit, wat dan later so ontwikkel dat ons amper bo-menslik slim kan word met die nuutste tegnologie wat ons vandag het, en ons kan besluite neem, en met onsself argumenteer oor wat ons moet of nie moet doen nie….hoe werk hierdie “stof-gevormde” brein dan?
Stuur hy ‘n golf van punt A na punt B wat jou laat dink, “ek moet hierdie paar skoene koop, al kan ek dit nie nou beskostig nie”, dan stuur dit ‘n golf terug na punt A wat se “nee los dit die maand is nog lank”, en A stuur terug “nee man koop dit” ens ens? Of  kan dit dalk wees dat jou gees dimensie vir jou brein se, “Moenie dit koop nie, want jy kan dit nie bekostig nie?” Hoe argumenteer mens met jouself as jy nie ‘n siels(gees) dimensie het nie? Hoe weet jou brein dit is verkeerd om iemand dood te maak en hulle te eet, soos diere doen, as jou siel jou nie vertel dit is verkeerd nie?

Liefde is sonder enige twyfel die mees emosioneelste ondervinding wat die mens kan deurmaak. Dit kan jou op die hoogste pieke van jou lewe sit, en tog jou ook op die laagste punt van jou lewe bring. Jy kan vir iemand se “ekt hom of haar lief met my hele hart en siel”….jou liefde le in jou hart en siel….jou hart is jou liggaam en jou siel is jou gees! Onthou jy ek het vroeer gese ons is geskape in God se Beeld? In Sy Gees, Het God van Liefde dan nie iets te doen met die siel wat hierdie liefde ervaar nie? Bewys dit nie dat God bestaan nie?

Hoe voel mens skuldig as jy nie ‘n gees het nie? Hoe voel jy dat iets onregverdig is? Behalwe vir wat jy geleer is deur jou ouers en ander mense om jou, hoe kom jy op daai punt wat jy voel die lewe behandel jou verkeerd en onregverdig, wat doen jou brein op hierdie oomblik wanneer jy so voel….dit moet  lyk soos ‘n ontploffing met die golwe wat heen en weer gestuur word! Of is dit dalk omdat God binne jou ‘n siel gesit het wat aan Hom behoort….’n siel wat 100% regverdig is? Die siel van ‘n Regverdige God?

Nou kom die groot vraag? Wie is die mens wat so slim was om God te skep? As God nie bestaan nie, dan het iemand Hom “begin” as ‘n karakter om iets te bereik. Wie se brein het soveel krag gehad om Hom te “skep” om Hom so heilig te maak, so foutloos, en ‘n Seun te skep wat dan aan ‘n kruis moet sterwe vir die mens, en ‘n Heilige Gees, ‘n Bybel, met demone in, drake, hel, hemel, 12 disipels, om die maak van die aarde uit te beeld in ‘n Goddelike skepping, om 30 000 verse in ‘n Boek te skrywe wat oor en weer bevestig word, wat voorspellings kan doen vir 1000de jare in die toekoms….maar nog ‘n grooter vraag! Hoekom?

Hoekom sou iemand God wou skep? Wat sou die doel agter dit wees? Doen mense nie gewoonlik goed vir hulself nie? As dit waar sou wees dat dit net ‘n storie is, sou die persoon wat dit begin het, nie homself in dit wou he nie? Miskien sou die persoon wou se hy is God, of miskien Jesus sodat mense kan opkyk na hom?

Ons almal het al gehoor van mense wat met masjiene aan die lewe gehou word, en op ‘n stadium moet die familie besluit of hulle die masjien gaan afsit want die persoon is breindood verklaar….dan voor die masjiene afgaan, loop daar trane oor die persoon se wang. Of ‘n geluid kom uit, of die oe gaan oop, en die dokter se nee dit is die laaste reaksie van die liggaam. Kan dit wees dat die siel nog lewe?

Ek weet nie of dit reg is dat ‘n mens op so masjien gesit moet word nie, speel ons nie God met iemand se lewe nie? Aan die ander kant, God het ons kennis gegee om sulke masjiene te kan ontwikkel, maar mag ons die masjien afsit op ‘n stadium en se dit is reg? Hoeveel keer het ons al gehoor dat iemand vir ‘n persoon gebid het en toe hulle die long masjien afhaal het die persoon self asem gehaal? Beteken dit dan nie God bestaan en het ‘n gebed verhoor en die longe genees nie? Of het die stof-gevormde brein dan vir die persoon gese, “boet nou beter jy asemhaal of jy gaan dood”?

My brein se vir my tot binne in my siel dat God daar is, God wat my geskape het met liggaam en siel, sodat my gees kan lewe binne ‘n liggaam totdat my liggaam nie meer kan nie, en dan gaan my siel verder tot by my Skepper om my te oordeel. Dit is logies, en dit is wat die Woord vir my vertel. Die Woord van ‘n Almagtige God, wat nie deur ‘n mense gevormeer kon geword het nie, want geen mens is so slim nie.

Deel 3 vervolg

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...