Tuesday 11 September 2012

Bestaan God regtig? – Wie het die Bybel geskryf? Slot.

Former Dead Sea Scrolls editor John Strugnell ...
Former Dead Sea Scrolls editor John Strugnell working in the "Scrollery" (Photo credit: Wikipedia)
JERUSALEM, ISRAEL - SEPTEMBER 26: A part of th...
JERUSALEM, ISRAEL - SEPTEMBER 26: A part of the Isaiah Scroll, one of the Dead Sea Scrolls, is seen inside the vault of the Shrine of the Book building at the Israel Museum on September, 26, 2011. in Jerusalem, Israel. For the first time some of the Dead Sea Scrolls are available online thanks to a partnership between Google and Israel’s national museum. (Image credit: Getty Images via @daylife)
NEW YORK, NY - DECEMBER 16:  A copy of part of...
NEW YORK, NY - DECEMBER 16: A copy of part of the Dead Sea Scrolls is displayed at the 'Dead Sea Scrolls: Life and Faith in Biblical Times' exhibition at Discovery Times Square on December 16, 2011 in New York City. The show, which includes a parchment scroll of one of the best-preserved manuscripts of the Ten Commandments, features hundreds of artifacts originating from archaeological explorations by the Israel Antiquities Authority and a three-ton stone from the Holy Land's Western Wall onto which vistors can place their prayers. (Image credit: Getty Images via @daylife)








Ten slotte, die argument le dus daarin, dat ons of glo wat die Bybel se,of ons glo wat die wetenskaplikes se

Kom ons kyk wat se die Bybel en waar kom dit vandaan?

Die Bybel het 66 boeke en 30 000 verse, dit is geskryf oor ‘n tydperk van 1500 jaar deur verskillende mense wat nie in dieselfde plekke gebly het of mekaar geken het nie (meeste het nie), hulle het ook nie op dieselfde tydperk geleef nie.

Die Bybel bestaan uit 668 professies waarvan elkeen al waar geword het, en behalwe vir 3 kan 665 bevestig word dat dit waar is.

Die oorspronklike manuskripte van die Ou Testament (The Dead Sea Scrolls) bestaan vandag nog, almal behalwe Ester.

Geen mens kon dit so bewerk het dat die Bybel geskryf moes word deur verskillende mense, met verskillende agtergronde, in verskillende dele van die wereld en oor verskillende tydperke en dan opeindig met ‘n boek vol professies waarvan 665 waargeword en bevestig is nie, behalwe vir dit, hoe kon iemand dit reg kry dat die Bybel boeke so wonderbaarlik ooreenstem en bevestig word tussen skrywers? En nog minder is die Bybel opgestel deur een persoon, want geen mens (nie eens in die Bybel se tyd) het 1500jr oud geword nie.

Wie het dan die Bybel geskryf en hoekom?

Mens wat deur God gelei is om dit te skryf want die Bybel is die Woord van God!

2Tim 3:16 & 17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,(17) sodat die mens van God volkome kan wees,vir elke goeie werk volkome toegerus.

2Pet 20&21 want julle veral moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie, (21) want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voorgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Die mense wat die Bybel probeer verkeerd bewys, is mense wat die Bybel goed bestudeer het, want wanneer jy na hulle luister, hang jou mond oop oor hulle kennis, maar ongelukkig dink ek nie een van hulle het al ooit so ver gegaan om die laaste bladsy in die Bybel te lees nie, want kyk wat se die laaste 6 verse van die Bybel.

Open 22: 18-21 (verkort) want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie boek byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is, (19) en as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

Ten slotte dus kan ons sien dat elke 30 000 verse in al 66 boeke van waarde is, en moet ons elke vers in die Bybel ons eie maak, ons kan nie net glo in wat ons wil, of wat vir ons aanvaarbaar is nie, want ons word duidelik gewaarsku in die bogenoemde verse dat ons gestraf sal word met plae en dat ons in die hel sal eindig as ons dit nie doen nie.

Enhanced by Zemanta

1 comment:

  1. Uitstekend gestel en baie waar! Dankie en ek se AMEN!

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...