Wednesday 10 October 2012

Huweliksprobleme? Wat se die Bybel? Deel 1



Ons almal het van tyd tot tyd ‘n argument of meningsverskil in die huwelik en dit kan soms lei tot kwaad, hartseer en tot so ver gaan as om ons huwelik ‘n mislukking te maak. Hoe moet ons dit oplos en handteer? Wat doen ons as ons voel ons kan nie verder gaan nie, en voel daar is net nie meer ‘n oplossing vir die probleme nie?


Wat se die Bybel?
Eerstens van alles moet ons onthou dat ons nie mag skei nie, (Mrk 10:7)God se dat wat Hy bymekaar gesit het
mag geen mens skei nie, so weereens soos ek voorheen gese het, moet ons skei nie ‘n opsie maak in ons huwelik nie, maar hoe los ons die probleem op? 


Ons moet glo dat ons tot alles in staat is deur Jesus wat ons krag gee (Fil 4:13). Jesus sal jou altyd help as jy iets wil doen wat God se goedkeuring het, en jou huwelik dra God se goedkeuring. Die rede hoekom jou huwelik nie werk nie, is omdat een of albei partye sonde gepleeg het in die huwelik, net sonde skei ons van die volmaakte wil van God in ons lewens.
Omdat die huwelik uit twee partye bestaan moet albei dan saam werk om die huwelik te red, en as die ander party nie belangstel nie, gee dit jou nie die reg om op te hou probeer nie, maak seker dat jy rein staan voor God en binne Sy Wil is in jou lewe. Dit is nie altyd maklik nie, en mens voel soms dit is nie moontlik nie, maar onthou as jy die een is wat jou huwelik voor die kruis gaan neerle, sal God jou hartsbegeerte vir jou gee, want jy doen Sy Wil. 


1 Joh 5:14&15 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het,
dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens Sy Wil (15) En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
2Kor 9:8 En God het die mag om alle genade
oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan he en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.


Iets wat jy ingedagte moet hou is dat God op Sy eie tyd werk, God sal nooit iemand forseer om iets te doen nie, en as jou huweliksmaat nie God volg nie, kan dit tyd neem voordat Hy jou help, omdat Hy eers jou maat moet kry om op die plek te kom waar hy/sy moet wees. Vertrou jy net op God dat dit met tyd en volharding sal regkom, ons lees in Spreuke, vertrou op geen mens nie, vertrou net op God, so as jy voel jy gaan opgee want jou maat gaan nooit verander nie, onthou die vers en vertrou weer op God om die situasie vir jou op te los (Spr 3:5&6)
Vertrou wat God se. Lees 2 Pet 1:3-8 God het ons krag
geskenk wat tot die lewe en Godsvrug dien, Hy gee ons kennis, ywer, geloof, selfbeheersing, liefde en geduld en deur Jesus is ons instaat tot alles (Fil 4:13) so jy is toegerus met die krag bo alle kragte, al wat jy moet doen is om dit jou eie te maak, dit te glo en nooit te twyfel nie.
Mat 7:24&25 Elkeen wat na hierdie woorde van My luister
en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het(25) en die reen het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want die fondament was op die rots.
Liefde word breedvoerig bespreek in die Bybel, ons almal ken 1Kor 13, ek wil net vers 5 en 7 aanhaal. Die liefde soek nie sy eie belange nie en vers 7 die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles,
verdra alles.
Verder wil ek aanhaal Efes 5:33 In alle geval moet elkeen julle ook afsonderlik sy eie
vrou liefhe net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.


Uit hierdie verse sien ons dan dat liefde nie selfsugtig is nie en dat die liefde alles moet verdra m.a.w. vergewe, in Efes sien ons dat liefde en respek ‘n opdrag van God is en nie ‘n keuse is nie! So as jy op ‘n stadium gese het jy is nie meer lief vir jou huweliksmaat nie, of jy voel jou liefde is dood, of jy het onrespekvol opgetree teenoor jou maat, moet jy vergifnis vra vir jou sonde sodat jou huwelik weer geseen kan word deur God.
Kyk ook na vorige blogs oor die huwelik,(Julie 2011) onderdanigheid is baie belangrik, al is jou man nie ‘n Christen nie moet jy nogsteeds aan hom onderdanig wees, die enigste geval waar vrouens nie hoef onderdanig te wees nie is wanneer die man jou vra om te sondig (Hand 5:29 Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. Lees ook Titus 2:1-10 dit gee opdrag oor hoe die familie moet wees.


Jy moet ook uit jou dade wys dat jy lief is vir iemand, liefde is nie net iets wat jy binne jou voel nie, maar is ook iets wat jy uitleef, al baklei julle mag moedswilligheid nie deel word van julle huwelik nie Luk 6:27&28 Maar Ek se vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhe en goed doen aan die wat vir julle haat. (28) Seen die wat vir julle vervloek en bid vir die wat julle beledig.
Dit wat ons uitdeel sal vir ons teruggegee word, wat jy saai sal jy maai, as jy barmhartig is sal God aan jou barmhartig wees, as jy oordeel, sal God jou ook oordeel, as jy vryspreek en vergewe, sal God jou ook vryspreek en vergewe (Luk 6:36-38) So wanneer jy liefde gee, sal jy liefde ontvang.


Huweliksprobleme is nie iets wat net van een kant af kom nie, dit kom van beide kante af, so hou jou kant skoon, breek alle vloeke wat jyself oor julle huwelik uitgespreek het en vra vergifnis daarvoor.


Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorsprong van die lewe. Uit hierdie versie sien ons dat ons nie sondige gedagtes in ons harte moet rond dra nie want dit kan veroorsaak dat dit ons lewe word, so moenie goed se en dink soos “ek moes nooit met jou getrou het nie, of eendag gaan ek jou los en nooit weer terug kom nie” want behalwe vir wat in ons hart gedra word is die tong skerper as ‘n twee-lem swaard, wat jy uitspreek sal waar word. 1 Pet 3:10 Want wie die lewe lief het en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle nie kwaad spreek nie.

Deel 2 vervolg.



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...