Monday 28 May 2012

Jy is gebore VIR God!

Virgin Mary with Infant Jesus in her hands.
Virgin Mary with Infant Jesus in her hands. (Photo credit: Wikipedia)




Jy is nie gebore omdat jou ouers jou wou he nie, ja dit ook, maar God het jou geboorte beplan, die presiese datum en uur van jou geboorte was deur Hom en Hom alleen so bewerk en beplan!

Jer 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig, Ek het jou tot ‘n profeer vir die nasies gemaak.

Jes 44:21 Want jy is My kneg, Ek het jou geformeer, jy is my kneg! Jy sal deur My nie vergeet word nie.

As ons na hierdie versies kyk, is dit duidelik dat ons nie gebore is om net te leef nie, God het ‘n plan met ons gehad en Sy plan is vir Sy doel! Daarom moet ons uitvind wat is God se plan vir ons lewe, en wat ookal die plan is, dit sal wees tot eer van Sy Naam!

As jy wil uitvind wat dit is, kyk na wat jy wou geword het toe jy nog ‘n kind was, in my geval wou ek ‘n Verpleegster wees, en in Hoerskool het dit verander na Sielkundige, vandag doen ek berading vir mense wat emosionele genesing nodig het.

Pastoor de Kock wou Sielkundige wees en in sy laaste jaar het hy verander na Teologie en Pastoor geword, vandag doen hy Emosionele genesing.

Kyk ook na jou persoonlikheid, wat is jou sterk punte, is jy ‘n introvert of extrovert ens? God het vir jou ‘n unieke persoonlikheid gegee vir die werk wat jy moet doen. Ek sal byvoorbeeld nie voor ‘n gemeente wil staan en preek nie, maar gee my iemand wat privaat sy hart wil uitpraat en ek is die persoon.

Nie almal gaan raadgee of preek nie, sommiges kan miskien net sing tot eer van die Here, of is finansieel aangele en kan op die kerkraad wees en help met die finansies, ander is organiseerders en kan ‘n kerkfunksie reel, wat ookal jou sterkpunte is, gebruik dit waarvoor God jou geskep het, en moenie vir een oomblik dink jy kan nie, want kyk na die volgende verse:

Ps 8:6&7 U het hom (mens) net ‘n bietjie minder as ‘n hemelwese gemaak en hom met aansien en eer bekroon (7) U laat hom heers oor die werke van U hande, U het alles aan hom onderwerp!

Wow! Jy is REEDS bekroom met aansien en eer om oor God se werke te kan heers! Net laer as ‘n engel! Baie kragtige woorde! Dankie God ons Vader!

Ten slotte Rom 14:7&8 Want niemand van ons lewe vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. (8) want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here, of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.

As jy dan regtig nie kan uitvind wat jou doel is nie, maak dit ‘n gebedsaak en vra dat Jesus jou help, of as jy twyfel of dit wat jy dink jou doel is, vra Jesus om dit vir jou te bevestig.

Jesus seën

Belinda


As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...