Wednesday 16 May 2012

Vals profete Deel 1

Cartoon about a fortune teller contacting the ...
Cartoon about a fortune teller contacting the other side. (Photo credit: Wikipedia)







Rev. Angus Stewart

Profesie, profete en in besonder vals profete. 'n Moeilike en sensitiewe onderwerp, maar tog nodig om daaroor te besin. Wat is profesie of doel daarvan?

Jer 1 : 4 - 9
4 Die woord van die Here het tot my gekom:
5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.
6 Ag, Here my God, het ek geantwoord, ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.
7 Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: Ek is te jonk nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.
8 Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red. Dit is wat die Here gesê het.
9 Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.

Hier word Jeremia aangestel as profeet, deur die Here self, al het hy gedink hy is te jonk. Profete kom al van baie lank terug af, en hulle het 'n baie spesifieke doel. En as jy gaan lees wat die funksie was van die profete in die ou testament, dan is dit presies dieselfde vir almal gewees. Die Here het profete gebruik as 'n spreekbuis vir Hom. Onthou nou, die bedeling was daardie tyd anders as nou, daar was nie iets soos 'n Bybel nie, of ander media nie. God het direk deur mense en met mense gepraat. As ek vir jou sou vra, wat was die doel van die profete en wat het hulle gesê, wat sou jy sê? Die antwoord was eenvoudig.
1. Die doel was om mense op te rig om namens Hom te praat.
2. Wat het hulle gesê? Twee dinge. Eerstens om die mense ernstig te vermaan oor hulle lewens, hulle te waarsku teen God se toorn, en tweedens dat hulle hulle moes bekeer. Bekeer, bekeer, bekeer was die hooftema van die boodskap van die profete. Bekeer julle, of …….
Wat is profesie nie?? Dit lyk my dat vernaam in die Ou Testament daar 'n direkte lyn getrek was tussen waarsêery en profesie. En dis vandag presies dieselfde. Mense wil so graag hoor wat vir hulle in die toekoms voorlê. (altyd voorspoed), en wil dit dan profesie noem. En dis baie baie gevaarlik!!
Jer 14 : 14 "Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete."
Hoef daar eintlik meer gesê te word? God het 'n afsku in waarsêery. En in besonder as dit in die naam van profesie gebeur. Vandag is dit nog net so waar as duisende jare gelede. God haat dit. Waarsêery is 'n gruwel in die Here se oë, en jy kan hordes tekste daaroor kry in die Bybel. Sterre voorspel in die tydskrifte, tarrot kaarte, is verkeerd. Ek is soos ek is want ek is in 'n sekere maand gebore. Nou wonder ek of jou persoonlikheid verander as jy drie dae te vroeg gebore word. Skiet my as jy wil, maar dis verkeerd. Die doel van profesie IS nie, en WAS nog nooit bedoel om in die toekoms in te kyk nie. Daar is baie mense wat al deur diep waters gegaan het omdat hulle gereageer het op uitsprake van sogenaamde profete (vals profete), omdat dit waarsêery was.

Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...