Saturday 19 May 2012

Moenie moed opgee om iemand te oorreed van Jesus nie.

Jesus from the Deesis Mosaic
Jesus from the Deesis Mosaic (Photo credit: jakebouma)

 

Ek het al so baie gehoor dat mense se “Ek het al 100 maal met die persoon gepraat oor Jesus maar dit help nie, ek gee moed op, hy moet maar aangaan soos hy aangaan”

 

Dit kan mens se moed breek as jy voel jy kom net nie deur na iemand toe nie, maar moenie moed opgee nie, want ons het hulp van Jesus wat ons opdrag gegee het om dissipels te maak van alle nasies en om die Evangelie te verkondig.

 

Kom ons kyk wat se die Bybel.


2 Kor 9:8-10 – En God het MAG om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan he en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Soos geskrywe is: Hy het uitgestrooi, Hy het aan die armes gegee, Sy geregtigheid bly tot in ewigheid.

En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem!

As jy die hele gedeelte lees, sal jy sien Paulus praat hier van diensbetoning, bereidwilligheid en ywer om die evangelie te verkondig, hy verduidelik dat God mag het om aan elkeen wat die Evangelie wil verkondig te gee wat hulle nodig het, en dit wat hulle wil saai sal vermeerder en die vrug van hulle geregtigheid sal toeneem, dus moet ons nie moed opgee om met iemand te praat oor die Evangelie want God SAL jou help.

Joh 15:8 Hierin is My Vader verheerlik dat julle vrug dra, en julle sal my dissipels wees (vers 5) Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.

As ons dus iemand wil oorreed dat hulle Jesus moet aanneem moet onsself in Jesus wees, optree soos Jesus, soos ‘n Christen, ons kan nie vir iemand “preek” en self nie optree soos ‘n Kind van God nie.

2 Tim 2:2 – Getroue mense sal bekwaam wees om ook ander te leer

Rom 15:14 –dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan.

Bid vir die persoon want  Woord se “die gebed van ‘n regverdige het baie krag, Paulus se “bid totdat jou vreugde groot is”, bid sonder ophou, en bid vir mekaar

God het aan ons die mag gegee om Evangeliste te wees, so moenie moed opgee om met iemand te praat nie, maar onthou om dit altyd te doen SOOS Jesus, met liefde, geduld en langmoedigheid, niemand wil geforseer word nie.

Ten slotte:- Hitler het met gesag regeer, sy mag het jare gelede al saam met hom gesterf, Jesus het met liefde regeer en Sy mag staan vandag nog!

Rom 14:17 Want die Koningkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Lees ook [2 Thess. 1:11,12; 1 Pet 4:11; 2 Tim. 1:7,8; 2 Kor. 1:4]

Jesus seën

Belinda



As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)

Enhanced by Zemanta

2 comments:

  1. Naand Belinda,

    Ek het 'n seun wat nie Jesus volg nie, sal jy omgee as ek jou email en raad vra asb.
    Groete
    Annetjie Bosh

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Annetjie,

      Jy is meer as welkom, dit is waarvoor die blog daar is!

      Jesus Groete
      Belinda

      Delete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...