‘n Engel is ‘n lewende gees met ‘n persoonlikheid, hulle is
intelligent, het emosies en ‘n eie wil. Hulle het nie fisiese liggame nie maar
hulle kan
manifesteer in ‘n vorm van ‘n liggaam. (Dan 10:16,18)
Hulle het baie mag maar is nie almagtig nie. Hulle is baie
maar nie eindeloos baie nie, en hulle hoof doel is om vir God te werk.
Heb 1:14 Is hulle
(engele) nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ten wille van
die wat die saligheid sal beerwe nie?
Engele is aangestel in die hemel net hoer as die mens. Heb
2:7 U het hom (mens) weinig minder as die
engele gemaak, met heerlikheid en eer het U hom bekroon en hom oor die werke
van U hande aangestel.
Alle engele het name maar net 3 word in die Bybel genoem,
Lusifer wat beteken “draer van lig” Migael wat beteken “wat soos God is” en
Gabriel “man van God”.
Verder word hulle genoem, seuns van God (Job38:7) hemelinge
(Ps29:1) ‘n bode (van God), (Dan 4:13), vernaamste vors (Dan10:13) heiliges
(Matt 25:31) more ster (Job 38:7) lewende wesens (Open 4:7&8) uitverkore
engele (1Tim5:21), en kragdadige helde.
Engele is almal mans, kragtige vorste, nie vrouens en
kinders nie. Hulle is baie intelligent, maar hulle weet nie alles nie, Jesus se
(Matt 24:36) nie eens die engele weet als nie, net My Vader weet alles en
Petrus se (1 Pet 1:12) die engele leer by die Heilige Gees.
Wat is die doel van engele in ons lewens?
1. Hulle word opdrag gegee deur God om ons te bewaar en te
help.
Ps 91:11&12 want
Hy sal Sy engele aangaande jou beveel om jou te bewaar op al jou wee. Hulle sal
jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip sal stamp nie.
2. Ons sien in die Bybel dat engele jou na jou dood na die
hemel vat. Luk 16:22 En toe die bedelaar (Lasarus) sterf, is hy deur
die engele weggedra na die boesem van Abraham. Ons sien in hierdie verhaal
dat die rykman na die hel gegaan het, vir Abraham en die bedelaar gesien het,
maar ons lees nie dat engele hom hel toe gevat het nie. Vers 23 En die ryk man het ook gesterwe en is
begrawe. En toe hy in die doderyk sy oe ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy
Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.
3. Ons lees die storie van Petrus in Handelinge 12 waar die
engel hom gehelp het om uit die tronk te ontsnap. Deur hierdie verhaal sien ons
dus ook dat die engel in mens-vorm aan hom verskyn het, vers 11 Toe kom Petrus tot homself en se: “Nou weet
ek waarlik dat die Here sy engel gestuur het en my gered het uit die hand van
Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk”.
4. Ons sien dat hulle vir ons boodskappe van God bring. Luk
1:26&27 En in die 6de maand in die
engel Gabriel deur God gestuur na ‘n stad Galelia met die naam van Nasaret, ‘n
maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Josef, uit die huis van
Dawid, en die naam van die maagd was Maria (28) en die engel het by haar
binnegekom en gese “Wees gegroet, genadigde! Die Here is met jou, geseend is jy
onder die vroue”.
Nee, in 1Tim 2:5 lees ons daar is net een middellaar tussen ons en God en dit is Jesus! In Openbaring
22:8&9 Sien ons dat Johannes ‘n engel gesien het en neergeval het en die
engel het hom opdrag gegee om dit nie te doen nie vers 9 Toe se hy vir my:”Moenie! Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van
jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek bewaar.
Aanbid God!”
Ons mag bid en vir God vra om Sy engele opdrag te gee om vir
ons iets te doen, maar ons mag nie direk vir engele bid, soos sekere gelowe
doen nie.
Het ons almal bewaar-engele? (Guardian angels)?
Die Woord se dat alle kinders engele het. Matt 18:10 Jesus
se: “Pasop dat julle nie een van hierdie
kleintjies verag nie, want Ek se vir julle dat hulle engele in die hemele altyd
die aangesig sien van My Vader wat in die hemele is”.
Maar verder se die Bybel nie dat elkeen ‘n engel het nie,
maar wel dat gelowiges en mense wat gered is engele het. Ps 34:8 Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Kyk na die bogenoemde verhale en sien dat by elke verhaal
word genoem dat die persoon ‘n geredde persoon was, of geseende van God, of
gelowige.
Lasarus die bedelaar was ‘n gelowige, Maria was ‘n geseende
en Johannes was die doper. Maar ons sien ook dat nie almal in diens was van die
Here nie, Lasarus was ‘n bedelaar, Maria was ‘n vrou wat geglo het, maar sy het
nie evangelie verkondig of werk vir die Here gedoen nie, sy en Lasarus was net
gelowiges, Petrus en Johannes was wel in diens van die Here.
Alhoewel mense glo dat ons almal ‘n engel het wat ons
bewaar, kon ek nie in die Woord ‘n vers vind wat voorstel dat elke persoon ‘n
bewaar-engel het nie. As iemand van so vers weet, sal ek dit waardeur as jy dit
aan my kan
uitwys. Ek het wel verse gekry wat voorstel dat net gelowiges en gereddes engele
het.
Heb 1:14 Is hulle nie
almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beerwe nie?
Ps 34:8 Die engel van
die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom
vrees, en red hulle uit.
Open 22: 9 Moenie!
Want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete en van hule wat die woorde van hierdie boek
bewaar. Aanbid God!
As ons kyk wat se die Woord het net die dienende engele in
die hemel vlerke. Die engele wat aan mense in die Woord verskyn het, het soos
mense gelyk en het dus nie vlerke gehad nie.
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com
Insiggewende stuk hierdie, het selfs baie navorsing oor engele gedoen en God het baie openbarings aan my gebring rondom engele. Ek wil net met jou verskil oor die feit dat daar wel vroue engele bestaan en dat die Bybel selfs praat van hulle, Sag 5:9..... jy kan ook kom lees wat ek al geplaas het oor hierdie wesens by musteria.blogspot.com
ReplyDelete