Thursday 15 November 2012

Hoekom is vas belangrik?


Baie mense het die verkeerde induk van hoekom ons was. Baie mense dink ook dat terwyl hulle was, kan hulle sommer ook gewig verloor, en dan is daar baie mense wat rondloop met ‘n suur gesig sodat mense kan sien hulle kry swaar want hulle vas.

Vas is ‘n baie belangrike saak tussen jou en God en moet nie ligterlik opgeneem word nie. Om te vas is nie om God se arm te draai nie, maar om God se aangesig soek. Dit is ‘n eerbiedige saak tussen jou en God en gaan gepaard met gebed.

Hand 13:2&3 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas….

Hand 14:23 ….na gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

Ons sien dus dat gebed en vas saam gaan, en na gebed en vas, het hulle die saak aan die Here opgedra.


Hoekom moet ons vas?

2Sam 12:16 Dawid het die aangesig van God gesoek en gevas….

Jes 58:6  :dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek”.

Vers 8 As julle vas : Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit, en jou geregtigheid van die Here jou agterhoede wees, (9) dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal skreeu om hulp en Hy sal se “ Hier is Ek!
.
Om iemand te bevry van demoniese magte. Jesus se Mat 17:15-21 vers 21 “Maar hierdie geslag gaan nie uit nie, behalwe deur gebed en vas nie”

Mat 9:15 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van julle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.

2 Sam 16:22 Toe die kind nog in die lewe was het ek gevas en geween, want ek het gedink, wie weet, die Here kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe kan bly.

Ons vas dus vir die volgende dinge/redes:

  • Iemand wat duiwelbesete is
  • Wanneer ons treur
  • Wanneer ons die Here dien en hande ople
  • Wanneer ons die Heilige Gees vra vir antwoorde
  • Wanneer ons onregverdig gevange gehou word deur satan
  • Wanneer ons verdruk word
  • Wanneer ons ‘n probleem opgelos wil he.
  • Wanneer ons vir siek/sterwende mense bid (soos Sameul)

Hoe moet ons vas?

Mat 6:17&18 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat mense nie sien jy vas nie, maar God jou Vader dit sien en Hy sal jou in die openbaar vergelde!

Sag 8:19 vas moet ‘n vreugde en blydskap wees

Mat 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie, want hulle mismaak hulle gesigte sodat dit deur die mens gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek se vir julle hulle het hulle loon weg.

Hoe lank moet ons was?

Daar is verskillende maniere van vas.

Jy kan ‘n droe vas doen waar jy niks oor jou lippe laat gaan nie, nie kos of water nie soos Ester vir 3dae lank.

Jy kan vas sonder om te eet, maar jy mag iets drink (nie sop nie, dit is kos) Jy kan dit doen vir solank jy voel jy moet dit doen.

Jy kan vir 40dae vas soos Jesus gedoen het.

As jy op kroniese medikasie is kan jy van 6h00 tot 18h00 bedags vas sodat jy kan eet om medikasie te neem.

Alhoewel die Woord vir ons baie verskillende maniere van vas gee, voel ek dat omdat vas ‘n persoonlike aangeleentheid is tussen jou en God, jy self kan besluit hoe jy gaan vas, party mense gee iets op vir God oor ‘n lang tydperk, soos byvoorbeeld om nie brood te eet vir 21 dae nie, ek persoonlik verkies dat wanneer mens vas, jy glad nie moet eet nie, maar wel vloeistowwe kan inneem soos water en tee.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...