Thursday 11 October 2012

Huweliksprobleme? Wat se die Bybel? Deel 2


 

Baie mense in ‘n huwelik besluit om ‘n “breek” te vat van mekaar, en een van die partye trek uit vir ‘n rukkie of gaan alleen weg met vakansie om net weer te “re-focus”. Hierdie is die geleendheid waarvoor satan wag! Die huwelik is ‘n ooreenkoms wat julle aangegaan het voor God om deur siekte en gesondheid, deur goeie en moeilike tye saam te staan, hoe kan mens saam staan as die twee partye nie bymekaar is nie?

 

Volgens die Bybel mag man en vrou net van mekaar geskei word wanneer hulle geestelike alleen tyd nodig het. God se dat man en vrou mekaar seksueel moet aanvul en mekaar moet geniet. Dit is in hierdie tyd van “breek vat” wat satan dan al sy  trawante uitstuur en een van die twee partye aanval om sonde te pleeg. Ek se nie dat elke persoon wat alleen weggaan die ander persoon gaan verneek nie, maar wat ek wel se is dat die geestes-realm dan begin rondspring om ‘n permanente “breek” in die huwelik te sit. Hoekom? Want God het gese jy mag net vir geestelike redes van mekaar weggaan en wanneer julle terug kom moet julle mekaar weer seksueel vervul. So die stres wat satan op een van die twee partye gaan sit is seksuele stress. Onthou satan doen die teenoorgestelde van alles wat God se, Hy is God se vyand en so ook joune!

 

 Lees 1 Kor 7:1-40 dit gaan oor die huwelik, ek konsentreer hier op die volgende 2 verse. 1Kor 7:4&5 Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man, en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. (5) Ontrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy, en kom weer bymekaar, sodat die satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie

 

Mens is so geneig om net op die negatiewe van mens se lewe te sit en kla, tog se die Bybel dat ons altyd dankbaar moet wees vir wat ons het, want alles wat ons ontvang is nie uit verdienste nie, maar uit genade van God.

 

Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

 

Begin om na die redes te kyk hoekom julle verlief geraak het, kyk na die goeie einskappe van jou huweliksmaat in pleks van die slegte, want glo my as jy so ver gegaan het om te skei gaan jy net die goeie onthou en nie die slegte nie, hoekom moet mens eers skei voordat jy dit kan raak sien? In Gen 2:18 lees ons dat dit nie goed is vir ‘n man om alleen te wees nie, daarom het God vir hom ‘n maat gemaak. Dus was ‘n vrou gemaak vir God se rede….om goed te wees vir die man!

In Spr 18:22 Lees ons dat wanneer ‘n man ‘n vrou vind, hy iets goed gevind het, en ‘n welgevalle (guns) van die Here.

Spr 12:4 ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man.

Spr 31:28-31 Die man prys sy vrou in 1 Pet 3:7 Die man moet sy vrou eer.

 

Ons leer oral in die Bybel hoe die man en vrou met mekaar moet wees, en tog is ons vinnig om mekaar sleg te se, tog het God man en vrou vir mekaar geskape, gese wees lief, respekteer, se dankie, prys, waardeer mekaar, daarom moet ons meer gee as om te wil ontvang, terug sit en positiewe dinge in mekaar soek, eder as mekaar te kritiseer en sleg se.

 

As ons ‘n God geseende huwelik wil he moet ons gaan leer by die Leermeester. God het vir ons al die riglyne vir die huwelik in die Bybel gesit. Ons lees en leer dat jy nie kwaad vir kwaad moet vergeld nie, dat ons mens moet vergewe, respekteer, die ander wang moet draai, as jou vyand kwaad teen jou doen, doen iets goed terug, moenie wraak neem nie, word versoen met jou vyand, moenie oordeel nie ens, hoeveel te meer moet ons dit nie in ons huwelik doen nie?

 

Jak 1:19 So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat en stadig om troonig (kwaad) te word, maak hierdie die tema van jou huwelik. Dit is so belangrik in die huwelik om te kommunikeer, moenie sake wat jou ongelukkig maak los nie, bespreek dit sonder om aan te val, sonder om kwaad te wees, wees kalm. Ek se altyd Hitler het met geweld en kwaad regeer, en sy leer bestaan nie meer vandag nie, Jesus het met liefde regeer en Hy bestaan vandag nog, laat ons uit dit leer, die Woord leer ons tog 1Kor 13 die liefde verdra alles, is nie opgeblase nie, soek nie sy eie belange nie ens.

 

As jy probleme het in jou huwelik, van die Handboek van die Lewe en maak reg wat verkeerd is. Jou huwelik dra die seen van God, as dit nie reg is nie, is dit nie God wat blameer moet word nie. Soek die wortel probleem en raak ontslae daarvan en gaan aan met jou God geseende huwelik.

 

Ten slotte. Satanistiese kerke bid in September maand vir huwelike om op te breek. Sny elke dag van jou lewe vloek af wat oor jou huwelik uitgespreek word. Ek het dit ‘n gewoonte gemaak om elke oggend te bid en te se “Ek sny af elke vloek wat oor my en my familie uitgespreek mag gewees het, op aarde en in die geestes realm, en vra dat U dit sal omdraai in ‘n seen, so sny ek ook af elke vloek wat ek kon uitgespreek het oor ander en vra dat U dit ook sal omdraai in ‘n seen, in die Heilige Naam van Jesus. Hoekom het ek dit aangeleer, omdat ons daagliks vloeke oor mekaar en onsself uitspreek. Hoeveel keer het jy al gehoor mense se, my huwelik gaan nie werk nie, ek is gebore om swaar te kry, my kinders is die stoutste kinders op aarde ens….weereens se die Woord, wat jy uitspreek sal waar word want die tong is skerper as ‘n twee-lem swaard. Leer aan om goedgunstigheid uit te spreek oor jou huwelik, kinders en lewe. Wanneer iets verkeerd gaan in my lewe, se ek sommer hardop “net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe (Ps23) en alhoewel iets verkeerd gegaan het, het ek dit klaar weer omgedraai in ‘n goedgunstige situasie. Ons Pastoor se weer elke keer as iets verkeerd gaan “Prys die Here”, hoekom doen hy dit? Want onmiddelik sit Hy die Here in beheer van die slegte situasie, en weet hy dat iets goed daarvan sal kom.

 

Onthou satan is hier om ons te pootjie en teen God te draai, wanneer ons in slegte situasies, God of Jesus in beheer sit daarvan, moet satan maar die aftog blaas. Aan die einde van die dag is ons kinders van God, en wil Hy ons beskerm meer as jou aardse vader, maar dan moet ons Hom beheer gee van ons lewens, moet ons Hom die eer gee dat ons vertrou dat Hy die grooter prentjie kan sien, en dat Hy sal doen wat goed is vir ons, en onthou wanneer God jou nie onmiddelik help nie, beteken dit nie dat Hy jou nie WIL help nie, Hy wag net vir die regte tyd om jou te help, en sy tyd is altyd beter as ons tyd. Wees geduldig en wag op die Here.

 

My gebed is dat elke huwelik weer op nuut geseen sal word deur ons Hemelse Vader, in Jesus Naam

Amen

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...