In vandag se tyd,
gaan mense vir gebede na kerke, het hulle al die geloof in die lewe en ten
spyte van dit genees hulle nogsteeds nie. Dan hoor jy dit is die Wil van God
dat hulle siek geword het, maar ten spyte van die Wil van God wat hulle aanvaar
het vir hulle lewens gaan hulle nogsteeds dokter toe en drink pille en kry
behandeling vir hulle siektes.
As dit die Wil van
God is dat jy hierdie siekte moes kry en doodgaan, of ‘n lewe moes ly waarin jy
sukkel en rondloop met pyn, hoekom probeer jy alles in jou vermoe om dan as te
ware teen God se Wil te gaan deur elke moontlike pil op die mark te drink om te
voorkom dat jy doodgaan of seer het?
Dit maak mos nie
sin nie. Jy kan
nie aanvaar dat God vir jou siekte oor jou pad gebring het, en dan omdraai en
alles probeer om van dit ontslae te raak deur medikasie nie. As gelowiges, moet
ons mos dan aanvaar wat God vir jou gegee het en daarmee saam leef tot die
einde toe? Maak dit vir jou sin?
Maar dan se die Woord
van God, Ek is die God wat jou gesond maak Ex 15:26, en deur die wonde van
Jesus is jy genees,1Pet 2:24 en
Jesus het al ons siektes op hom geneem sodat ons vandag gesond kan wees, Mat
8:17 en Jesus het jou losgekoop van die vloek van siekte Gal 3:13-14, Geen
onheil kan my tref nie en geen plaag mag naby my liggaam kom nie Ps91:1-10, Jesus se, Die dief kom om te roof,
te steel en te slag, maar Ek het gekom sodat jy lewe mag he en dit oorvloedig mag he….en dan gaan Hy
verder en se, alles wat julle die Vader
vra in My Naam sal vir julle gegee word.
So hoe verstaan
mens dit nou? Die Woord se vir jou JY SAL genees, maar tog genees mense nie
meer vandag nie.
Kom ons kyk wat se
die Woord verder, en ek glo hierdie is die sleutel tot vandag se
genees-probleem.
Deut 30:19&20 Ek neem vandag die hemel en die aarde as
getuienis teen julle, die lewe en die dood, die seen en die vloek het ek
jou voorgehou. Kies dan die lewe, en jy kan lewe, jy en jou nageslag,
(20)deur
die Here jou God lief te he, na Sy stem te luister en Hom aan te hang,
want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die
land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het
om dit aan hulle te gee.
Kom ons kyk
eerstens “na Sy stem te luister”
Mense verstaan die
Bybel verkeerd in die opsig dat ons klein woordjies nie raak sien nie. Daar is
baie verse wat vir ons goed se wat ‘n “dan”,
“maar”, en “as” in het, maar ons kyk verby dit.
Deut 28:1&2 As jy
dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorvuldig te hou al Sy
gebooie wat ek jou vandag beveel, dan
sal die Here jou God jou hoogtes stel bo al die nasies van die hemel en aarde
(2) En al hierdie seeninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.
Lees die res van
vers 3-13 oor al die seeninge wat God jou belowe as jy luister na Sy stem.
Dan gaan die
gedeelte verder en se AS JY NIE
LUISTER NIE…..sal die volgende vloeke
oor jou kom vers 15
Maar as jy
nie luister na die stem van die Here jou God nie, om sorvuldig te hou al Sy
gebooie en Sy instetting wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke
oor jou kom en jou inhaal
Die Woord van God
bestaan uit 30 000 verse, en nie net die 10 gebooies nie. Die Woord vertel jou
ook hoe jou vehoudings moet wees teenoor jou familie, jou gesin, jou mede mense
en jou naaste asook teenoor jouself. Al hierdie verse is die insettinge van God
en ons moet by hulle almal hou!
Is dit moeilik? Ja
beslis! Is dit onmoontlik? Nee beslis nie! Want God se Hy het ons geskape in Sy
Beeld, (Gen1:27) dit beteken ons is in Gees Sy beeld, want beteken ons is tot
volmaaktheid instaat, want ons is reeds in volmaaktheid geskape, (Jes 46:
3&4) dan se Hy verder dat ons deur Jesus tot alles in staat is wat ons krag
gee, en nog meer dat Sy Heilige Gees ons sal ly in waarheid, (Joh 16:13) m.a.w
ons het al die “tools” (as ek dit so mag noem) om tot volmaaktheid te kan lewe.
Beteken dit dat ons
in staat is om 100% sondevry te lewe? Nee, want ons is ook van vlees gemaak en
vlees laat ons sondig, maar God weet dit alreeds, en daarom het Hy ons deur
genade gered deur ons die geskenk van die Lewe te gee, vir Jesus wat ons
vrygekoop het van die sonde. (Heb 9:11-22)
Kyk hoe genadig is
God, en dit laat my net weereens besef
dat God die Volmaakte God van Liefde en genade is!
Rom 5:20&21 Maar die wet het daar bygekom, sodat die
misdaad meer sou word, en waar die sonde
meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword, (21)
sodat, soos die sonde geheers het in die
dood, so ook die genade kan heers
deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse
Here.
Ek wil net hierso ook noem, dat ons as gelowiges en kinders van God NIE ‘n volmaakte lewe moet lei op die aarde sodat ons eendag in die hemel kan kom nie, maar dat ons ‘n volmaakte lewe moet he sodat ons vandag nog op aarde ‘n volkome gelukkige en oorvloedige lewe kan he, en as volmaakte bonus eendag in die hemel gaan leef by ons Vader. Jesus het gekom sodat ons ‘n oorvloedige lewe op AARDE
As ons alreeds al
die “tools” het om volmaak te kan
lewe, en die Woord se ons sal genees en geen pes sal naby ons liggame kom nie,
en as ons in geloof staan om te genees en ons genees nogsteeds nie, wat is dan
die probleem?
Iewers in ons lewe
moet daar dan ‘n blokkasie wees wat ons verhinder om die geneesing te ontvang
wat ons in die Bybel belowe word deur Jesus wat ons siektes op Hom geneem het
op die kruis.
Ek gaan ‘n paar
blokkasies noem en wil graag as dit die Wil van die Here is die volgende paar
inskrywings op die blog doen oor blokkasies wat ons weerhou om die absolute
genade van God in ons lewens te he en te kan genees van elke siekte wat na ons
kan toe kom.
Deel 2- Blokkasies vervolg.
Deel 2- Blokkasies vervolg.
Middag Belinda,
ReplyDeleteEk volg jou blok en wil vir jou dankie se omdat jy die Woord so mooi ontleed en bymekaar voeg. Ons lees die Woord maar sien nie altyd alles raak wat ons moet sien nie, dankie dat jy dit so maklik maak om te verstaan en dankie vir hoe jy dit uitle en verduidelik.
God se rykste seen
Groete
Amelia Zeller