Sunday 28 October 2012

Hoekom antwoord God soms nie ons gebede nie?



Ek word baie keer die vraag gevra oor hoekom God mense nie antwoord wanneer hulle bid nie, bid ons verkeerd? En as ons verkeerd bid, wat is dan die regte manier van bid? Ons beste Leermeerste oor gebed in die Woord is Jesus kom ons kyk wat se Hy.


Ons lees in die Bybel dat Jesus se julle ontvang nie, omdat julle nie genoeg geloof het nie (Matt 17.20).

Verder se Hy (Matt 21:21-22) Voorwaar Ek se vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie…..(22) En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

In Mark Lees ons ook dat Jesus se vra, glo jy het ontvang en jy sal ontvang. Maar is geloof al wat ons nodig het om ons gebede verhoor te kry? Nee, ons kyk na ‘n paar verse in die Woord wat ons leer hoe om reg te bid.

Jesus se in Joh 16:23-34 Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in My Naam sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Joh 14:6 Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

In Mark 11:23-26 Leer Jesus ons dat ons dat ons sal ontvang as ons geen twyfel in ons hart het nie, maar gaan dan verder in vers 25 en se En wanneer julle staan en bid, vergewe as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge kan vergewe, en dan kom die waarskuwing in vers 26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortreding nie vergewe nie.

1 Thess 5:17 se Paulus “Bid sonder ophou” in Fil 4:6 Bid met “smeking en danksegging”.

Hand 13:2&3 En terwyl hulle besig was om die Here te dien, en te vas het die Heilige Gees….vers 3 En toe hulle gevas en gebid het

Ek sal later ‘n blog doen oor vas, maar vir nou wil ek net noem hoekom ons moet vas en bid. Nie elke gebed het vas nodig nie, en ons vas nie om God se arm te draai nie, maar om ernstige gebede verhoor te kry en om die juk te breek, maar ek sal terug kom oor hoekom ons moet vas.

Jes 58:6 Sodat die wat onregverdig gevange gehou word kan bevry word, om die juk wat op mense geduk word, af te haal, om verdruktes vry te maak, en elke juk te breek.

Ons sien dus dat die belangrikste punte vir gebed is dat ons moet:
  • Glo en bid in geloof, sonder twyfel,
  • Dat ons in Jesus Naam moet vra,
  • Dat ons ander moet vergewe, sodat ons ook vergewe kan word voor ons bid,
  • Dat ons met danksegging moet bid,
  • Asook sonder ophou.
  • In sommige gevalle moet ons vas om ons gebed verhoor te kry.

Maar ten spyte van al die bogenoemde punte, het God jou gebed nogsteeds nie verhoor nie, doen ek iets verkeerd? Nee soms antwoord God ons nie vir ander redes, kom ons kyk wat se die Woord.

Ons moet bid sonder ophou, Paulus se ook bid totdat jou vreugde groot is, Jesus se bid sodat jou blydskap volkome kan wees, bid en jy sal ontvang, soek en jy sal vind, klop en vir jou sal oopgemaak word (Luk 11:10) dus sien ons dat ons moet aanhou bid, moet soek, moet aanhou klop (aan hemel se deure), deur hierdie verse sien ons dat God nie altyd onmiddelik vir jou gee wat jy vra nie, maar ons lees ook in die Bybel dat God dadelik jou gebed verhoor wanneer jy bid, so weerspreek die Woord homself? Nee beslis nie! God het Sy eie tyd waarop hy ons help en antwoord. God antwoord dalk nie dadelik nie, want Hy wil sien dat jy volhard in jou geloof.

Verder sal God jou nie antwoord as jy teen Sy Wil bid nie. As die Woord ons leer ons mag nie dobbel nie, kan jy nie bid om die lotto te wen nie, dit is teenstrydig met Sy Woord en God sal NOOIT teen Sy eie Woord draai nie. So bid in God se Wil en Woord.

Soms gee God nie vir ons wat ons vra nie, omdat die tyd nie reg is nie, en soms kry ons nie wat ons vra nie, omdat God verheerlik wil word in dit wat gebeur, en soms omdat dit God se Wil is vir God se rede. Byvoorbeeld, Jesus het gebid, gevra en nie ontvang nie.

Matt 26:39 “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verby gaan, nogsteeds nie soos Ek wil nie, maar soos U wil” en ‘n paar uur later was Jesus aan die kruis vas gespyker.
God sien die grooter prentjie, Hy weet beter, Hy het ‘n doel en ‘n plan! Jesus is Sy eie seun en Hy het sy gebed nie verhoor nie, omdat Hy miljoene mense gered het deur NIE Jesus se gebed te verhoor nie.

Soms wil God he jy moet iets leer uit jou situasie uit, en eers wanneer jy die les geleer het, sal Hy jou gebed verhoor, so wannneer jy voel jy bid en niks gebeur nie, vra Hom of daar iets is wat jy moet leer, en wees geduldig, moenie moed opgee nie, hou vas aan jou geloof, vertrou dat God beter weet as jy, en dat Sy wil besig is om te geskied en nie joune nie. Is dit moeilik? Ja beslis in sommige gevalle raak ons kwaad en verstaan nie hoekom Hy ons nie antwoord of help nie, maar hoeveel keer het jy terug gekyk en gesien dat die tydsberekening perfek was, dat jy eder dankbaar is dat jou gebed verhoor is toe dit was, want as dit op ‘n ander tyd was, was dit ongelee. Ek het dit beslis al baie in my eie lewe gesien. Onthou dat God jou beste belange op die hart dra, dat Hy beter weet as jy, die grooter prentjie sien, en nogsteeds liewer vir jou is as wat jou verstand kan verstaan, so Hy wil en sal ‘n oplossing bring, of sake verander, of antwoorde gee wanneer Hy Sy wil laat geskied.

Sterkte en Jesus seen.

Indien jy geestelike berading of gebed nodig het, kontak my by belindapaar@gmail.com

2 comments:

  1. 'n Woord van bemoediging, op die regte tyd. Dankie Belinda.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie vir jou ondersteuning Jaco, God se rykste seen vir jou.

      Delete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...