Dankie Vader dat U ons nooit sal verlaat nie, en dat U Woord vandag nog vir ons bedoel is en nooit leeg sal terug keer na U nie maar voorspoedig sal wees waar U dit stuur!
Al die eer en glorie aan U in die hoogste hemele!
Ps12:2 Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
Ps 12:3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
Ps 12:4 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
Ps 12:5 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?
Ps 12:6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
Ps 12:7 Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Ps 12:8 U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.
Ps 12:9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

No comments:
Post a Comment