Monday, 11 March 2019

Waar kan ek skuil?

11:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!

11:2 Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.

11:3 As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?

11:4 Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

11:5 Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.

11:6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

11:7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

No comments:

Post a Comment

Hoekom kies Jesus n donkie en nie n perd nie?

  Al vier die Evangelies vertel ons van die Jesus Christus se triomfantlike intog in Jerusalem, vyf dae voor Sy sterwe aan die Kruis. Matt 2...