Thursday 26 April 2018

Die gevaarlike Christen


Image result for Handelinge 15:26


Handelinge 15:26 “Manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.”

Bemarkers noem dit die Wêreld se Mees Suksesvolle Advertensie. Dit het in 1905 in die London Times verskyn: “Men wanted for hazardous journey. Low wages. Bitter cold. Long hours of complete darkness. Safe return doubtful. Honor and recognition in event of success.” Geteken E. Shackleton.

Hy was op soek na ‘n span om te help met sy ontdekkingsreis na die Suidpool. Die volgende oggend het daar meer as vyfduisend mans voor die koerant se kantore gewag, gereed om te gaan. Die advertensie het iets diep in elke man aangeraak.

Maar daar is ‘n nog meer suksesvolle advertensie geplaas in die Handelinge van die Apostels en oor die eeue het miljoene mense op die hoër roeping reageer op ‘n dieper manier.

Paulus en Silas was bekend as mense wat hulle eie lewens in gevaar gestel het. Teenstrydig met aanvanklike denke beteken dit nie om roekeloos en onverantwoordelik te wees nie. Die Griekse woord hiervoor beteken “om aan iemand anders oor te gee.” Met ander woorde; hulle was manne wat hulleself aan Jesus Christus oorgegee het om Sy naam te verheerlik. Alhoewel die eerste gedagtes miskien een van self verlating kan wees, is dit egter die aanvaarding en opneem van die hoogste vorm van verantwoordelikheid.

Paulus sê in Romeine 12:1 & 2: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

In die boek van Levitikus gee God duidelike opdragte oor verskeie offerandes en hoe dit voorberei en gebring moes word. Die probleem met ‘n lewende offer is egter dat die lewendig is. Om myself as ‘n lewende offer aan te bied beteken dat ek die keuse het om ten enige tyd van die altaar af te klim. Johannes die Doper sê in Lukas 3:16: “Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Jesus sê in Markus 9:49 & 50: “Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word. Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.” Vuur verbrand dit wat op die altaar geplaas is.

Ek en jy is op hierdie aarde geplaas om Jesus beroemd te maak. Dit is rasioneel, aanvaarbaar en wys dat ons ons gawes en talente tot eer van Hom gebruik. Dit kan egter nie gebeur as ons nog aan ons eie reputasies vasklou nie, dit nog troetel en beskerm nie. Ons moet ons lewens waag soos Paulus en Silas. Ons moet op die altaar bly.

Daar is iets in elke mens wat geroer word deur die uitdaging om ‘n uitdagende lewe te leef vir iets buite jouself.

Nie almal kies egter om so oor te gee nie. Baie verkies nog die gekoesterde, veilig beskermende omgewing van ‘n lewelose geloof. Dae geen verby sonder dat daar iewers ‘n verskil gemaak word. Jakobus 2:20 “Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?”

Kom, begin vandag. Wees ‘n lewende offer vir Jesus Christus. Wees waaghalsig vir Jesus!

“Here Jesus, ek kies vandag om as ‘n lewende offer of U altaar te bly. Help my asseblief om, volgens U woord, waaghalsig te wees en ‘n verskil te maak waar ek gaan. Versterk my asseblief deur die Heilige Gees om te doen wat U van my verwag. Amen.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...