Tuesday 3 April 2018

God se wil.


Image result for Romeine 12:2



“Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, diĆ© is my broer en suster en moeder.” (Mattheus 12:50)

Hierdie is altyd ‘n baie belangrike vers om te onthou. Baie mense dra die “WWJD”-bandjies, wat staan vir: “What would Jesus do?” Tog lees hulle nie altyd werklik self hulle Bybels om te sien WAT Jesus inderdaad sou doen in ‘n gegewe situasie nie.

Maar eintlik gaan dit nie oor wat Jesus sou doen in ‘n gegewe situasie nie. Hier sien ons dat Jesus sĆŖ dat daar is iets wat ONS moet DOEN. En wat is dit? Ons moet die wil van Sy Vader wat in die hemele is, doen. Hoekom? Want dan kan ons ook aanspraak maak dat ons Jesus se broers en susters is. Nou WAT is dan die wil van God die Vader? Kom ons kyk nou na ‘n paar duidelike teksverse in die Bybel wat vir ons uitspel wat IS dan nou werklik die wil van God wat ons moet DOEN:

“En word nie aan hierdie wĆŖreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Romeine 12:2)

Hieruit sien ons dat ons die wil van God moet beproef, dit is nie iets wat sommer net in ons skote gaan val nie. Dis dus iets wat ons moet leer doen.

“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;…” (1 Thessalonicense 4:3)

Hierdie vers leer ons dat die wil van God ons heiligmaking is, en dat ons ons moet weerhou van die hoerery. Ons kan dus nie maar voortleef in ons sonde, en steeds aanspraak maak dat ons broers en susters van Christus is, maar ons doen nie die wil van Sy Vader in die hemel nie.

“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (1 Thessalonicense 5:18)

Hier sien ons dat ons in ALLES dankbaar moet wees, ongeag waardeur ons moet gaan, want dit is ook die wil van God.

“Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,…” (1 Petrus 2:15)

Dit is ook God se wil dat ons goed sal doen aan mense rondom ons, ongeag wat hulle mag doen of hoe hulle optree, want daardeur kan ons hulle tot stilswye bring.

“Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.” (1 Petrus 3:17)

Dit is dus tot ons voordeel as ons vervolg sou word, of lyding sou verduur as ons so goed doen, instede daarvan as dat ons ly as ons kwaad doen. Want uiteraard sal ons deur God beloon word as ons ly omdat ons volgens Sy wil goed gedoen het.

“…om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.” (1 Petrus 4:2)

Hieruit sien ons dat ons die tyd wat ons oorhet hier op aarde, nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te lewe nie, maar volgens die wil van God. So, as die mense rondom ons begeer om te hoereer, te vloek, te skel, te drink, te steel, vuil grappe te vertel, ens.ens., dan doen ons dit nie saam nie.

“En die wĆŖreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (1 Johannes 2:17)

En dan vind ons hierdie laaste wonderlike belofte rondom die wil van God in die Bybel, as ons die wil van God doen, dan bly ons vir ewig.

So kom ons sluit af met hierdie laaste belangrike vraag wat Jesus ons gevra het:

“En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sĆŖ nie?” (Lukas 6:46)

Wat kies JY om in hierdie week te gaan doen? Die wil van God, of die wil van die mense?

Gebed:

“Vader, ek kom na U in die Naam van U Seun, Jesus Christus. Vergewe my asseblief waar ek die afgelope tyd in my lewe aanspraak gemaak het daarop dat ek ook ‘n broer/suster van Jesus is, maar nie werklik in alle gevalle U wil gedoen het nie. Leer my asseblief deur U Heilige Gees om op ‘n daaglikse basis U wil vir my lewe nie net na te strewe nie, maar om dit ook te doen teen oor almal rondom my.

Amen.”

  (tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys






No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...