Monday 9 April 2018

Kom uit haar uit!


Image result for 2Kor 6:18



2Kor 6:14  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

2Kor 6:15  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

2Kor 6:16  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

2Kor 6:17  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

2Kor 6:18  en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.

Orals in die Bybel sien ons dat Egipte verteenwoordigend is van die sonde en slawerny en is dit God se wil dat ons daarvan moet vrykom. Ons lees dan ook hoé Hy die Israeliete na meer as 400 jaar se slawerny, verlos het en hulle uitgelei het na die beloofde land wat Hy vir hul voorberei het as erfenis. Daar is ook baie voorbeelde opgeteken waar die volk terugverlang het na die kospotte van Egipte en toe as gevolg van hul murmurering, 40 jaar in die woestyn moes deurbring.

Net só vind ons dit vandag dat baie kinders van die Here weer terugval in hul ou weë of gemeenskap hou met die dinge van die duisternis of persone van die verlede wat hulle gebind het aan die verderf. Baie roem hulself ook daarop dat hulle nou in die Lig is en dat dit “okay” is om hierdie dinge te doen, want Jesus se bloed het vir hul sondes betaal. Omdat dinge sosiaal aanvaarbaar is en sonde nie meer in sommige kerke gepreek word nie, dink hulle dat God nie die sonde teen hulle sal hou nie, omdat Hy 'n God van genade is. Baie reken ook dat waarmee hulle besig is nie só erg is nie, want dit is mos “okay” om te rook en drink, vloek en skel, homoseksueel te wees, te dobbel, rassisties te wees, te skinder, saam te slaap buite die huwelik, vuil en ligsinnige grappies te vertel en op sosiale media te versprei, ens., ens, ens,...want “almal doen dit maar”.

Ek hoor deesdae sóveel kinders van die Here wat nog uit gewoonte uit vloek en geen poging aanwend om dit af te lê nie en met dieselfde mond wil hulle Sondae die Here loof en prys.

Al die “dinge van Egipte” word met smaak uitgeleef asof dit normaal is en asof dit vir God aanvaarbaar is, terwyl die Woord duidelik sê:

1Joh 1:5  En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.

1Joh 1:6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

1Joh 1:7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

Die probleem onder die kinders van die Here vandag, is dat sommige van ons te gewoond geraak het aan Jesus, dat ons nie meer die vrees van die Here het nie. Dan hoor ek duidelik in my gees-oor, die geroep van ons Koning: “kom uit haar uit My bruid, want die dag is naby!”

 Die vraag is nou: “hoeveel kinders van die Here lewe werklik in hierdie dae met 'n wederkomsverwagting...of het ons maar ook soos hierdie mense geword?”

2Pet 3:3  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel

2Pet 3:4  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

Die Bybel is egter baie duidelik oor hiérdie saak!

2Pet 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

2Pet 3:10  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

2Pet 3:11  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —

Die tyd is lankal al daar dat ons weer moet bekeer en terugkeer na ons Eerste Liefde toe en begin vrug dra wat by die bekering pas, sodat ons kan uitstaan en nie net maar lyk soos die res van die mensdom nie. Want daar is mense wat verlore gaan oor hulle die vrot vrug sien wat ons dra en geen begeerte kry om te wees soos ons is nie.

 1Tim 4:1  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang

Rom 12:9  Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;

Rom 12:10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

Rom 12:11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;


GEBED:  Here Jesus, ons kom bely ons sonde van gelykvormigheid met die res van die wêreld en dat ons nie heilig lewe nie...vergewe ons weereens daarvoor en kom wek asseblief ons gees op om weer te lewe volgens U wil en plan vir ons lewens met gehoorsaamheid aan U woord...amen!

 (ernest phillipson - ecp@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...