Sunday 1 April 2018

Hoekom sukkel ons finansiƫel so?


Image result for treasure
Vandag se lewe is duur. Baie mense kan nie die noodsaaklike behoeftes bekostig nie. Is dit God se wil vir ons? Nee!!

Jesus self het gesĆŖ Hy het gekom dat ons in oovloed kan lewe. (Joh 10:10) God sĆŖ Hy gee vir ons n mandjie wat ingeprop, ingestop en oorlopens toe vol is! God sĆŖ al die skatte van die aarde behoort aan Hom, en Hy is ons Voorsienner!

 Wat is dan die probleem? Sonder om te oordeel...God het ons ook aangestel as rentmeesters van ons eie geld. 

Matt 25 lees ons van die diensknegte wat die geld moes verdubbel. Jesus gebruik die gelykenis om ons te vertel dat ons met ons geld moet woeker...maar Hy gee ook n opdrag...gee van julle geld vir die armes en die mense in nood...dan sal ons en ons geld gesƫend wees.

SPREUKE 29:14  'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees. Onthou jy is ook aangestel as koning en priester van jou huis, hierdie is nie net vir die regering bedoel nie!

Hoeveel keer spreek ons dood oor ons eie situasies? Hoeveel keer sĆŖ ons dat dit die land/regering se skuld is dat ons so sukkel dat die witman onderdruk is ens? Ek stem saam ons word verdruk, maar God is en bly nogsteeds die Voorsienner aan wie al die skatte van die aarde behoort, as jou lewe met die Here reg is moet jy gesĆ«end wees in elke situasie van jou lewe! Dit is ‘n belofte van God, maar God kan net sĆ«en wat aan Hom behoort! Spreek bietjie met geloof 'n sĆ«en oor jou eie lewe, jou omstandighede, gebruik die 8000 beloftes in die Woord en spreek dit! Maak dit jou eie! In elke dimensie van jou lewe. Maak God jou rots om op te staan, en onthou!! In Jak lees ons dat NIKS sonder geloof kan gebeur nie, as jy gaan twyfel, moenie eers die moeite doen om te vra nie! God kyk na jou hart nie na jou woorde wat jy bid nie, en bid met geloof in dit wat jy nog nie kan sien nie!


ROM 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

ROM 14:23  Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.


HEB 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek. 

Wat het jy in jou huis wat voorkom dat jy gesĆ«end is? Drank dalk? Die vloek van drank is armoede! Moenie jou sorge in ‘n bottel gaan verdrink nie, sit dit by die voete van Jesus!

SPR 31:6  Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

MATT 19:21  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hĆŖ; en kom hier, volg My.

JOH 15:7  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hĆŖ, en julle sal dit verkry.

MATT 10:29  Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. 30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. 31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Ons kla omdat ons nie goed het nie, of dat ons eendag gebid het en God nie geluister het of geantwoord of voorsien het nie. Paulus sĆŖ hou aan bid totdat jou vreugde groot is. Jesus sĆŖ klop en daar sal vir jou oopgemaak word... as ons aanhou bid sal daar vir ons gegee word, maar daar is ook voorwaardes... die Woord sĆŖ ook bid met danksegging. Bid met geloof. Die gebed van die gelowige dra groot krag! Ons moet ook vir mekaar bid. Kom ons doen dit. Hoeveel keer het jy vir iemand gesĆŖ ek bid vir jou dan doen jy dit nie?
God het riglyne, ons moet daarby hou om Sy volmaakte wil vir ons lewens te sien!

PS 2:8  Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

Gebed:                                                                                                                                                
Hemelse Vader, wys my elke dag hoe om my geld sinvol te gebruik, wys my ook waar moet ek saai tot eer van U want alles wat ek het kom van U af. Dankie dat U aan my voorsien sodat ek ook ander kan sƫen, want U het n vrygewige hart lief in Jesus Naam

Amen.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...