Monday 4 September 2017

Probeer jy 'n uitweg vind?


Image result for Mattheus 1:20



“Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.” Matthéus 1:20

Die Bybel sê dat Josef, die Nasarener skrynwerker verloof aan Maria, ‘n edele man was. Ontnugter deur die skokkende ontdekking dat Maria swanger was, wou hy die situasie in ‘n diskrete manier hanteer om te verhoed dat skande oor Maria en haar familie kom. Terwyl hy besig was om ‘n uitweg te probeer vind, het hy ‘n droom gehad.

Hierdie droom het die wêreld verander!

Nieteenstaande die feit dat die uitdagings waarmee jy, in hierdie deurmekaar dae gekonfronteer word, miskien nie op dieselfde historiese vlak is as die van Josef nie, praat God steeds met mense deur drome – wys Hy hulle wat om te doen.

In Job lees ons; “Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg;  sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.” Job 33:14-18

Vra Vader om ook met jou deur drome te praat. Soms is dit die enigste manier waarop Hy deur al ons warrelende gedagtes en emosies tot ons kan deurdring. Verby ons natuurlike ingesteldheid om Sy leiding te bevraagteken gedurende ons bewuste daaglikse lewens.

Voordat jy vanaand jou oë toemaak om te slaap, bid asseblief die woorde van Salemo uit Hooglied 5:2 “Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop …” Jy mag dalk in die middel van die nag, in ‘n nuwe dag wakker word.

“Hemelse Vader, ek kom voor U in die Naam van Jesus Christus, U Seun en my Redder. Ek bring al my vrae, onsekerhede en bekommernisse voor U. Gee asseblief aan my U rigting en praat ook met my deur drome. Ek maak myself oop vir die leiding van U Heilige Gees. Ek vra dit in die Naam van Jesus. Amen.”

 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...