Sunday 10 September 2017

Bid sonder ophou


Image result for Person praying



“Bid sonder ophou.” (1 Thessalonicense 5:17)

Baie Christene neem nie kennis van hierdie baie duidelike woorde in die Bybel nie. En daarom word hulle baie kere mismoedig omdat hulle dink: “die Here hoor nie my gebede nie!”. Of hulle dink: “ek moenie die Here pla nie, Hy het my mos gehoor toe ek twee jaar terug vir Hom gebid het, ek hoef nie verder oor die saak te bid nie.”
Tog is dit nie wat ek in hierdie vers lees nie. Ek lees ons moet bid SONDER ophou, maak nie saak wat die betrokke ding is waarvoor ek bid nie. Ek moet bid TOTDAT die deurbraak kom, en dan moet ek steeds aanhou bid om dankie te sê vir God vir daardie deurbraak. Dit is tog nie verniet dat ons ook verder in die Bybel lees:
“Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging…” (Kolossense 4:2)
My gebed is dus nie net ‘n lys van dinge vra nie, maar bevat ook woorde van danksegging vir dit wat die Here reeds vir my gedoen het, en ook nog gaan doen uit Sy groot genade. En steeds bly die opdrag – doen dit sonder ophou. Die ou mense het altyd gepraat dat ons die saak moet “deurbid”.
In die gejaagde tye waarin ons ons vandag bevind, weet Christene nie meer hoe om ‘n saak “deur te bid” nie, hoe om aan te hou bid, totdat die deurbraak kom nie. Ons is geneig om so een of twee keer daaroor te bid, en as die antwoord of die deurbraak nie dan daar is nie, hou ons op bid. Daarom kry Christene in so baie gevalle nie hulle deurbrake nie.
Bid jy dalk vir ‘n huwelik wat in moeilike waters is? Bid sonder ophou. Bid jy dalk vir ‘n kind wat verslaaf is, of in ‘n verkeerde vriendskapsverhouding is? Bid sonder ophou. Bid jy vir deurbrake in julle finansies? Bid sonder ophou. Bid jy vir ‘n familielid om gered te word? Bid sonder ophou. Bid jy vir iemand na aan jou om gesond te word van een of ander siekte? Bid sonder ophou.
Iemand het vir my ‘n whatsapp boodskap gestuur waar die woordjie: “Pray” as volg mooi uiteengesit is:
P – PRAISE for who He is and for what He has done
R – REPENT of sins I have committed and of commands I have neglected
A – ASK for the needs of others and for my needs
Y – YIELD my will to God’s will and to God’s agenda for me.
Doen dit sonder ophou, en kyk hoe die Here op Sy tyd en volgens Sy wil jou lewe begin verander.
Iemand het dit een keer baie mooi gestel deur te sê: “I don’t spend hours per day praying, but I don’t let an hour pass by without praying.” Dit beteken daar gaan nie ‘n uur in jou dag verby waar jy nie op een of ander stadium besig is om met God te praat in gebed nie. Vandat ek persoonlik hierdie dinge begin leer het, was dit al hoe makliker om dit reg te kry om te “bid sonder ophou”.
Ene Edward Payson het gesê:
"Prayer is the first thing, the second thing, and the third thing necessary for a minister, especially if he have revivals. Pray, then, my dear brother, pray, pray, pray."

Gebed:

“Vader ek kom na U in die Naam van Jesus Christus U Seun. Ek kom bely vandag dat ek nie gehoorsaam was aan U opdrag om te bid sonder ophou nie. Ek bely dat ek oorhaastig raak met my gebede Vader en ek vra dat U my sal vergewe. Lei my deur U Heilige Gees en leer my van vandag af om te alle tye te bid sonder ophou. In Jesus Naam vra ek dit. Amen.”

(tiaan gildenhuys - tg@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...