Monday 2 January 2017

Hoe groot is God?


Image result for hoe groot is ons god


Ons lees in Jesaja dat God se handpalm so groot is soos die heelal, ‘n mens se hand groote is 1/8ste van die mens se liggaamslengte…dan maak Jesaja se beskrywing van God, God 8 keer grooter as die heelal.

Ons kan dit met ons mens-brein nie eens insien nie of verstaan nie, en dit is waarom ons nie die grootheid van God kan raaksien nie, dit is vir as mens onmoontlik om die grootheid van God te visualiseer, ons kan nie eens sien dat  God grooter as die heelal is nie, nog minder dat Hy 8 maal grooter as die heelal is.

Jes 4:12  Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?

Baie keer wil ons God afbring na ons vlak toe, maak asof God ons gelyke is, sonder om te besef met Wie ons te doen het, hoe Groot, Kragtig, Almagtig en Heilig God is. God is nie ons Abba Pappa nie, God is Sowereine God, Heilige God, Ons Meester, Skepper, Alomteenwoordig….God is die Enigste Ware en Lewende God van die Heelal,  voor wie ons moet neerbuig, wie ons moet eer en respekteer!

Heilige Heilige God!

God is “Ek Is!”

Ja God is ook God van Liefde,  en wil ‘n verhouding met ons hê, maar ons moet nogsteeds Godsvresend wees en dit beteken om God met absolute respek en status as Koning te erken in ons lewens.

Laat ons hierdie jaar ingaan en besef  hoe groot God is.
Gesëende 2017

2 comments:

  1. Die inligting is goed maar kan nie saam met jou stem oor my Pappa nie Elohiym is my Pa die eenigste liefling van my siel ek het van Pappa se grootheid minder as n duppel in die see gevoel en al op Pappa se skoot gesit al wat ek weet en wil weet dat ek Hom vreeslik baie lief het want Hy die groot adonay het vir my kom sterf op n boom wat Pappa self gemaak het . Pappa is my Pa my eerste en eenigste Pa

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...