Sunday 29 January 2017

Het God jou siekte vir jou gegee?

Image result for Jesus genees die siekte

Het jy al gehoor van kinders van die Here wat getuig en sê

”God  het hierdie siekte vir my gegee het , so ek sal die kruis dra vir Jesus”?

 Is so stelling waar? Mag ons ooit so iets kwyt raak? Sê ons nie hiermee dat God nie altyd goed is nie?

En dan nog iets wat my pla is dat ons vertel word ons moet net geloof hê dan sal ons genees, en dan bid die pastoor  vir jou en vra….” Vader, as dit U wil is, genees die persoon”! ….as dit U wil is???

Wat moet die persoon nou glo as hy/sy nie gesond geword het nie? Dit was nie God se wil nie? Of moet hoe moet jou geloof nou wees?  Gaan jy nie twyfel oor die woorde “As dit U wil is nie”? Ek sal twyfel of dit God se wil is om my te genees as iemand so vir my bid!

Hierdie tipe van gebed maak nie vir my sin nie, nog minder dat God vir jou Jesus se kruis gegee het om te dra! So vêr ek in die Woord kan lees, is en was dit nog altyd Jesus en God se wil om jou te genees….in teendeel lees ek dat dit nie God se wil is dat jy moet siek word nie!! Nou waar kom die siekte dan vandaan?

Joh 10:10 Lees ons dat die duiwel kom om te slag te steel en te vermoor (KJV) sê “to kill”. Dan lees ons verder,  Joh 8:44:  Dat satan die vader van leuens is, en ‘n mense moordernaar!

Gee God dan vir ons siekte?    

Beteken die feit dat Jesus die kruis gedra het vir ons dan niks nie? Het Jesus nie juis die kruis gedra vir ons, sodat ons nie nodig het om die kruis te dra nie? Jesus het die volmaakte prys betaal vir ons, sodat ons vandag in geregtigheid met God kan leef, om ons terug te bring na God toe, hoekom sal ons dan sê dat ons die kruis vir Jesus dra? Die kruis is dan juis ons verlossing in elke sin van die woord.Dit is mos nie Bybels korrek nie!

Hier is nog ‘n stelling wat my vertel dit is nie reg om God te blameer vir ons siekte nie….
Jes 5:20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.
Watter waarskuwing sien ons hier? Wee jou wat sê dat God jou siek gemaak het, God wat goed is, dis ons  wat die lig, duisternis maak, wat soet bitter maak!

Daar is wel geskrywe….
Mat 10:38 “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie” ….

Wat sou Jesus hierby bedoel het?  Dat ons, ons siekte (kruis) moet neem en Hom volg? Nee stellig nie! Jesus praat hier van ons geloof in die Kruis boodskap… Jesus het aan die kruis gesterf vir elkeen van ons, ons moet in geloof staan dat die kruis boodskap waar is, en die boodskap opneem en Jesus volg….nie die siekte nie! Maar die waarheid van die Evangelie!

Die Woord van God is vol beloftes dat Jesus ons wil genees, kom ons kyk net na ‘n paar van hulle.

Mat 11:28-30 Jesus nooi ons uit:

 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee (29) Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele, (30) want my juk is sag en my las is lig.

Nog ‘n paar verse (verkort)

Ex 15:26 “Ek is die Here wat jou gesond maak”,

1 Pet 2:24 Deur die wonde van Jesus is jy genees,

Mat 8:17 Jesus het ons krankhede op Hom geneem en ons gesond gemaak,

Gal 3:13-14 Jesus het ons losgekoop van die vloek van siekte,

Ps 91: 1-10 Geen onheil kan my tref nie, en geen plaag mag naby my liggaam kom nie,

Ps 34:8 Ek is veilige en beskut, want die Engele van die Here trek ‘n laer rondom my,

Ps 107: 20 Hy het Sy Woord uitgestuur dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit die kuile red,


Ps 103:3 God wat die krankhede genees.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...