Wednesday 1 June 2016

Is Jesus God?


Image result for jesus is god

Om te sien of Jesus God is moet ons kyk na Jesus se atributiese name (kenmerke) Jesus het dieselfde kenmerke as God daarom is Hy God!

Jesus was ‘n ware persoon wat geleef het op die aarde 2000 jaar gelede.

Jesus is God in die vlees. Jesus het ‘n vleeslike vorm aangeneem van ‘n mens om die mensdom te red.
Jesus was nie geskep nie. Hy was altyd daar. Jesus het Homself ontneem van die glorie van God en deur die krag van die Heilige Gees in die baarmoeder van ‘n maagd gegaan en is gebore as ‘n sondelose en rein mens.
Alhoewel Jesus God is, was Hy 100% mens op aarde. Jesus het geen wonderwerke gedoen voordat Hy gedoop was nie, Hy was totaal afhanklik van die krag van die Heilige Gees.

FILIPENSE 2:6  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
FILIPENSE 2:7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
FILIPENSE 2:8  en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
FILIPENSE 2:9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,
FILIPENSE 2:10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
FILIPENSE 2:11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

ATRIBUTE VAN JESUS: - DIE GODHEID VAN JESUS

Seun van God, Enige Gebore Seun van God

Luk22:70 En hulle sê: Is U die Seun van God, en Jesus antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.
Joh 5:17-27 (verkort) Jesus sê: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. (Jesus noem God Sy Vader) (18) Jesus vergelyk Homself met God (19) Jesus doen alles wat God doen (21) Jesus kan lewend maak (22) Jesus oordeel…nie God nie (23) Jesus eer God net soos ons God eer (24) As ons in Jesus glo sal ons lewe (26) Jesus het lewe in Homself net soos God (27) God het Jesus mag gegee om te oordeel omdat Hy Seun van die mens is.

Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienkike God, die Eersgeborene van die hele Skepping.
Jesus bestaan van alle tye af en was en is die ENIGSTE mens wat UIT God gebore is om God se werk op aarde te kom doen – daar sal nie weer so mens wees wat UIT God gebore word as mens nie.
Joh 1:1 In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God

Jesus is Almagtig

Jesus het krag oor siektes, dood, oor satan en die natuur, Jesus is krag in Homself!  Hy het opgestaan as Gees-wese…as God!
Ons almal weet van die siekes wat Jesus genees het, van die verlamde, blinde en vrou met vloeding wat Hy genees het, van Laserus, die dogtertjie en die slaaf wat uit die dood opgewek is, waar Jesus die storm stil gemaak het deur die wind te beveel om stil te raak, en waar Jesus duiwels uitgedryf het, en al die ander gevalle van die maansieke, die melaatse ens wat genees is.
Matt 8:14&15, Luk 4:39 En Matt 26 & 27
JOHANNES 1:5  En die Lig skyn in die duisternis, en die duisternis (satan) het dit nie oorweldig nie.

Jesus is Alwetend

Jesus weet alles, niks is vir Hom weggesteek nie…nie eens ons gedagtes nie.
LUKAS 5:22  Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sê vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

Jesus is Alomteenwoordig

MATTHEUS 18:20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
MATTHEUS 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen

JOHANNES 3:13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. ( Jesus is in die hemel en ook op die aarde)

Jesus is Ewig

JOHANNES 1:1  In die begin was die Woord,(Jesus) en die Woord was by God, en die Woord was God.
JOHANNES 1:2  Hy (Jesus) was in die begin by God.
JOHANNES 1:3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
JOHANNES 1:5  En die Lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
HEBREËRS 1:8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer
JOHANNES 8:58  Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
JOHANNES 17:5  En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

Jesus is Skepper

JOHANNES 1:3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
KOLOSENSE 1:16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
KOLOSENSE 1:17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
HEBREËRS 1:10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande

Jesus vergewe sonde

KOLOSENSE 1:14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
MARKUS 2:5  En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!
MARKUS 2:6  En sommige van die skrifgeleerdes het daar gesit en in hulle harte geredeneer:
MARKUS 2:7  Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
MARKUS 2:8  En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?
MARKUS 2:9  Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop?
MARKUS 2:10  Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe--sê Hy vir die verlamde man:
MARKUS 2:11  Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
MARKUS 2:12  En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!

Jesus is Regter

JOHANNES 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
HANDELINGE 17:31  omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
JOHANNES 5:22  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
JOHANNES 5:23  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
JOHANNES 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
JOHANNES 5:25  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
JOHANNES 5:26  Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
JOHANNES 5:27  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
JOHANNES 5:28  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
JOHANNES 5:29  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Jesus gee ewige lewe

JOHANNES 1:4  In Hom was lewe, en die lewe was die Lig van die mense.
JOHANNES 10:28  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
JOHANNES 17:2  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
JOHANNES 17:3  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
MATTHEUS 25:46  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

Sou jy enige gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus by belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...