Wednesday 1 June 2016

Daar is krag in die Naam van Jesus!


 Image result for jesus is god


Wie is Jesus?
Jesus is God, Hy is die Woord, Die Weg, Die Lig.
Jesus is Seun van God, Die Lam Die Hoëpriester.
Jesus is, was en sal altyd daar wees.
Jesus is deel van God die Drie Eenheid!
JOHANNES 5:26  Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê

Bid in die Naam van Jesus
JOHANNES 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.
JOHANNES 16:24  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

Demone skrik alleenlik vir die Naam van Jesus
MARKUS 16:17  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,
MARKUS 16:18  slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

LUKAS 10:17  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
LUKAS 10:18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val.
LUKAS 10:19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

HANDELINGE 16:16  En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom 'n slavin met 'n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.
HANDELINGE 16:17  Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.
HANDELINGE 16:18  En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

As gelowiges saamstaan in die Naam van Jesus sal God dit toelaat!
MATTHEUS 16:17  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
MATTHEUS 16:18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
MATTHEUS 16:19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Slegs deur Jesus word ons sonde vergewe
HANDELINGE 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Wonderwerke vind plaas in Jesus Naam
HANDELINGE 3:16  En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.

Danksegging en gebede is vir God aanneemlik alleen deur  Naam van Jesus
EFESIËRS 5:20  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,

Waarom was dit nodig dat Jesus aarde toe gekom het?
Omdat Hy nie as God kon sterf nie, want God is onsterflik.
Om met ons te kon identifiseer
Om Middelaar te kan word tussen ons en God
Om ons Hoëpriester te kon word
Om Koning op aarde te wees
Om as ons Leermeester te kom
Om ons te kom lees van God se Koningkryk.
Om sondeval te oorwin.
Om ons outoriteit aan ons terug te gee wat ons aan satan gegee het deur die sondeval.
Jesus se Atributiese Name is dieselfde as die Name van God, want dit wys ons dat Jesus is God!


Sou iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus by belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...