Wednesday 1 June 2016

Hoe identifiseer ons met die Heilige Gees?


 Image result for heilige gees


1 THES 5:23  En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Jy is ‘n geeswese met ‘n siel, wat woon in ‘n liggaam, dit maak van jou ‘n persoon!

Jy bestaan uit:

·         Siel – wil, intelek en emosies dit vorm jou persoonlikheid
·         Gees – Jou wese…wie jy is!
·         Liggaam – jou fisiese liggaam

Die Heilige Gees is ‘n gees wat woon in ‘n liggaam (mens) die Heilige Gees het ook ‘n siel – Hy het ‘n wil, intelek en emosies, hy kan redeneer, dink en praat, hy kan beledig word, jy kan vir Hom lieg, Hom verneder, en Hom belaster! Die Heilige Gees het eienskappe van ‘n mens.

Heilige Gees kan praat:

OPENB 2:7  Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is
HANDELINGE 13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

Jy kan vir die Heilige Gees lieg!

HANDELINGE 5:3  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

Heilige Gees kan beledig word.

HEBREËRS 10:29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad (beledig) het?

Jy kan laster teen die Heilige Gees

MATTHEUS 12:31  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
MATTHEUS 12:32  En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

Jy kan die Heilige Gees bedroef (hartseer maak)

EFESIËRS 4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.


As iemand gebed of geestelike hulp benodig, kontak my gerus op belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...