Wednesday 1 June 2016

Wat beteken die simbole van die Heilige Gees?

Image result for heilige gees
Vuur – krag en reiniging

JES 4:4  as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging
MATTHEUS 3:11  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
HANDELINGE 2:3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit

Water – reiniging, verkooking, verfrissing

JOHANNES 4:14  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
PSALMS 87:7  En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Wind – Gee lewe Eseg 37:7-10

HANDELINGE 2:2  En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
ESEGIËL 37:7  Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk--'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
ESEGIËL 37:8  Toe kyk ek en--daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
ESEGIËL 37:9  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
ESEGIËL 37:10  En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan--'n ontsaglike groot leër!.

Olie – genesing of verligting of salwing Ps 89:20 (olie is symbolies)

PSALMS 89:21  Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,

Sëel – Eienaarskap en outoriteit
 EFESIëRS 1:13 in wie julle ook nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, versëel is met die Heilige Gees van die belofte.

Duif – Onskuld, medelydsaamheid, skadeloos en genade.

MATTHEUS 3:16  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom



Sou iemand gebed of geestelike raad benodig kontak my gerus by belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...