Die Arend beveg nie die slang op die grond nie. Dit tel die
slang op tot baie hoog in die lug en laat val die slang en
beveg dit in die lug. Hoog in die lug het die slang geen
stamina nie, kan hy nie veg nie want hy is sonder krag en
sonder ewewig. Die slang is magteloos, swak en uiters
kwesbaar. Dis net mooi die teenoorgestelde as om op
die grond te wees waar hy ewewig het, kragtig en dodelik
is.
Ons moet ons gevegte ook hoog in die geestelike sfeer
beveg deur gebed want wanneer ons op geestelike vlak
beweeg, veg die HERE al ons stryd vir ons. Moet nie die
vyand in sy gemaksone takel nie. Verander die omgewing
van die gevegsterrein deur ernstige gebed. So sal jy elke
keer triomfeer. Bid sonder ophou. – Lance Wallnau
No comments:
Post a Comment