Thursday 14 April 2016

Wat is die verskil tussen 1ste Adam en laaste Adam?


God se plan vir die mens was om 'n verhouding met Hom te hê. Mense sou vir ewig geleef het in die Tuin van Eden, in harmonie met God, sondeloos en vlekvry.

Maar na die sondeval, toe Adam en Eva van die boom geëet het, het hul sterfbaar geword.

Gen 2:16-17 As jy van die boom van kennis van goed en kwaad eet, sal jy sekerlik sterwe. As Adam en Eva nie gesondig het nie, sou hulle vandag nog geleef het. Die mens het sterflik geword omdat hulle gesondig het.  Gen 3:22-24 (verkort) Nou het die mens geword soos Ons wat goed en kwaad ken.

Maar God het Sy liefde aan die mens geopenbaar deur vir hul 'n Redder te stuur om in hul plek te sterf vir hul sonde sodat ons weer 'n verhouding met God kan hê. Dit was God se oorspronklike plan met die mens van die begin af, die sondeval het ons van God geskei, en om ons terug te kry het God Jesus Christus gestuur om te sterf vir ons, deur ons Redder en Verlosser te word.

Die verskil tussen die eerste Adam (mens) en die laaste Adam (Jesus)
Image result for adam and eve in the garden of eden

  • Adam is geskep deur God - Jesus is Enigegebore Seun van God
  • Adam bevraagteken God se liefde - Jesus bewys God se liefde.
  • Adam betwyfel God se Woord - Jesus bevestig God se Woord
  • Adam verwerp God se outoriteit - Jesus aanvaaar God se gesag en outoriteit
  • Adam was weggejaag uit God se teenwoordigheid (tuin) - Jesus bring ons terug in God se teenwoordigheid (voorhangsel wat skeur)
  • Adam het die beeld van God verloor - Jesus herstel die beeld van God
  • Adam het 'n dienskneg van satan geword - Jesus maak ons vry van satan
  • Adam het die erfgenaamskap van God verloor - Jesus maak ons erfgename van die Koningkryk.
Image result for adam and eve in the garden of eden



GEBED:

Dankie Vader, dat U ons so lief het, dat U, U Enigegebore Seun Jesus Christus aan die kruis laat sterf het vir ons sonde, en om ons weer te versoen met U. Dankie Jesus vir die prys wat U betaal het sodat ons vandag teruggeneem is deur God, deur U Bloed aan die kruis. Dankie dat U die voorhangsel geskeur sodat ons weer in God se teenwoordigheid kon terugkom.

Al die eer en lof kom U toe, in die Heilige Naam van alle name, Jesus Christus van Nasaret.
Amen

Sou enige iemand geestelike berading of gebed benodig kontak my belindapaar@gmail.com





No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...