Friday 15 April 2016

Hoekom moes Jesus sterf?


Image result for Jesus se dood


Jesus moes sterf om terug te vat wat satan van die mens gesteel het. Om ons heerskappy wat ons aan satan gegee het vir ons terug te gee, naamlik ons outoriteit wat God vir ons gegee het oor satan.

God se ewige doel was om met Jesus se menswording en sterwe was om ons te versoen met God, Jesus het gesterf as ons Redder!

1 Pet1: 18-20 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silver of goud losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, (19) maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n lam, sonder gebrek en vlekloos.

1Joh 3:5  En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.
Jesus was ‘n offer vir ons redding

Rom 3:25&26 Hom, het God voorgestel in Sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om Sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het, wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God – om Sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.

Jesus moes sterf om God se liefde aan ons te bewys, na die sondeval het die mens God se vyand geword, en Jesus het die vyandskap tussen mens en God te herstel.

Rom 5:8&9 Maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (9) veel meer dan sal ons, noudat ons geregverdig is, in Sy bloed, deur Hom gered word van die troon (kwaad word van God), want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van Sy Seun, veel meer sal ons deur Sy lewe gered word noudat ons versoen is!

Ons kan onsself nie red nie, ons kan net gered word deur Jesus aan te neem as ons Verlosser ! Christus is geregtigheid! Die hel het ontstaan toe satan teen God gerebeleer het. God het nooit die hel vir die mens geskep nie! Satan was nog nooit in die hel nie, sy bestemming is die hel. Maar as ons Jesus nie aanneem as ons Verlosser nie, en nie wedergebore word uit water en gees nie (gedoop word nie) is hel ook ons bestemming. God wou die mens n ewige lewe gegee het van die begin af, en Jesus moes sterf om dit vir ons moontlik te maak om die ewige lewe te kon beerwe.

Rom 6:23 want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Jesus moes ook sterf om satan en die dood te oorwin. En omdat Jesus satan reeds oorwin het aan die kruis, het satan ook nie meer mag oor ons nie, Jesus het ons mag gegee oor satan deur die kruisdood.
Rom 2:14&15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword,(mens geword) sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel (15) en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Ons lees in Joh 8:44 dat satan die mensemoordenaar is. Hoe doen hy dit? Deur jou siek te maak, deur ongelukke te veroorsaak, deur jou sonde ‘n opening in jou lewe te kry!

Efes 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Maar ons het mag ontvang deur Jesus om oor satan te heers. Hy is onderdanig aan ons, nie ons aan hom nie.

Ps 8: 6&7  U laat hom heers(mens) oor die werk van U hande, U het alles aan hom onderwerp.
Luk 10:18 Jesus sê Ek het satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val, kyk, Ek gee julle mag om op slange en skerpione te trap en die duiwels uit te dryf.

Wat is satan se doel? Om ons weg te dryf van God deur sonde, om seker te maak ons gaan hel toe. Satan is ‘n “copy-cat” alles wat God het, het hy. God het ‘n Koningkryk (hemel) satan ook…hel! Net soos God alles in Sy vermoë gedoen het om jou gered te kry vir Sy Koningkryk, so ook satan! Jesus sê (Luk 22:31) Simon, Simon, kyk die satan het ‘n vurige begeerte om julle soos koring te sif!

Let nou mooi op wat Jesus vir ons beteken het!

Jesus was nie vermoor nie! Jesus het gesterf vir ons! Hoekom sê ek so? Omdat Jesus mens geword het, het Hy vryewil gehad, Hy kon besluit het om nie aan die kruis te gaan sterf nie, Hy het geweet wanneer die laaste uur sou kom vir Hom, Hy het geweet wanneer en wie Hom sou verraai en wat Sy bestemming was, en uit gehoorsaamheid teenoor God en uit liefde vir die mens het Jesus gesterf vir ons, sodat ons vandag gered kan word.
Toe Jesus versoek was in die woestyn om die klippe in brode te verander, kon Hy dit gedoen het, en sodoende die dood vrygespring het, maar Hy het nie!

 Omdat Jesus mens was, het Hy ook geweet wat vir hom voorlê as mens. Wat die marteling en dood vir hom sou inhou. Ons sien dit in Getsemane (Mat 26:53) toe Jesus gebid het en bloeddruppels van Sy kop gedrup het en Hy gevra het “Vader laat hierdie beker verby My gaan (as daar ‘n ander manier is), ….Jesus wou nie sterf nie, maar Hy het geweet, Hy was gestuur om te sterf, daarom sê Hy verder “Maar nie My wil nie, maar U wil”
Jesus kon die engele opdrag gegee het om die mense wat hom wou kruisig dood te maak, of Hy kon gevlug het, maar Hy het nie!!

Jesus het die prys betaal ten volle deur ‘n vloek te word, sodat ons onder genade kan lewe (Gal 3:10-14) En sodat ons efgename van God kan word (Gal 4:4-7 en 1 Pet 3:18)

GEBED

Dankie Jesus dat U die volle prys betaal het vir my, as sondaar, al die eer en glorie aan U in die Hoogste hemele!


As jy jou lewe vir Jesus wil gee, geestelike berading of gebed benodig, kontak my belindapaar@gmail.com



Image result for Jesus se dood


1 comment:

  1. Baie dankie vir die mooi verduideliking van hoekom Jesus vir my gesterf het.
    Ek sal graag verdere stukke van jou waardeer
    Liefde van Jesus se volgeling,
    Darrelle

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...