Eerstens kry ons God se Volmaakte Wil vir ons lewens in die
Bybel. God mag miskien nie direk met jou praat elke dag van jou lewe nie, maar
Hy praat met ons elke dag deur sy Woord. Sy Woord gee ons al die riglyne waarby
ons moet hou om Sy Volmaakte Wil en plan vir ons lewens te sien en te ontvang.
In die Woord kry ons ook voorbeelde van gelowige mense en hoe
hulle gelewe, gedoen en gehandel het as voorbeelde vir ons eie lewens.
Ons vind ook uit wat God se Wil is vir ons lewens deur
gebed. Ons moet bid en vra dat God ons lei in Sy perfekte en volmaakte wil vir
ons lewens. Maar dan moet ons ook bereid wees om die pad te loop wat God vir
ons wys om te loop. Dit help nie jy vra maar jy doen nie. Nie elke gebed gaan jou die perfekte pad wys
nie, maar jy gaan ook nie die perfekte pad kry sonder gebed nie.
Jak 1:5&6 En as
iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal
eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word (6) Maar hy
moet in die geloof bid, sonder twyfel, want hy wat twyfel, is soos n golf van
die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Ons vind Sy wil in gehoorsaamheid en bereidwilligheid.
As jy vir ‘n vriend
raad gee en hy luister nie gaan jy ophou om vir hom raad te gee, dieselfde met
God. As jy vra moet jy gehoorsaam wees aan Sy Stem anders gaan Hy ook ophou om
raad te gee. Rom 12:1 se Paulus: Ek vermaan julle dan, broeders, by die
ontferming van God. Dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan
God welgevallige offer, dit is julle redelike offer.
Verder se die Woord dat ons nie albei kante van die draad
kan leef nie, ons kan nie deel wees van
die wereld en van God nie. Rom 12:2 En
word nie aan hiedie wereld gelykvormig nie, maar word verander deur die
vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en
welgevallige en volmaakte wil van God is.
As Sy kinders nie gehoorsaam is aan die Woord nie, sal God
ons nie Sy Wil wys nie. DUS, Ons kan Sy Wil nie ontvang as ons nie gehoorsaam
IS aan Sy Wil nie.
Verder vind ons Sy Volmaakte Wil vir ons lewens deur die
gawes wat Hy vir ons gee. Ons almal het ‘n geestelike gawe ontvang om God mee
te dien en ons moet dit tot die beste van ons vermoe gebruik om die beste
daarvan te maak wat ons kan om die beste resultate daardeur te verkry. Ons kan
nie in God se wil wees as ons ons geestelike gawes ignoreer nie, ook kan ons nie
in Sy Volmaakte Wil wees as ons gawes gebruik wat ons nie gekry het nie. So
maak seker wat jou gawe is en gebruik waarmee jy toegerus is.
Ons ontvang ook Sy Wil deur met geestelike mense te gesels,
om deel te wees van ‘n kerk.
Spr 11:14 As daar nie
goeie oorleg is nie, val ‘n volk, maar in die veelheid van raadgewers is
redding.
Gesels met meer as een person en kry die antwoord en gaan
dan terug na die Woord wat Waarheid is en sien wat jou antwoord daar is, of
maak dit ‘n saak van gebed. Onthou Paulus se hou aan bid totdat jou vreugde
groot is, so as jy nie in een gebed jou antwoord kry nie, hou aan bid, soms
toets God ons om te sien of ons sal volhard.
Laastens kry ons die Wil van God in ons omstandighede. As
God jou geskape het as Suid-Afrikaner, uit Afrikaanse familie, is dit nie Sy
plan dat jy in Rusland moet gaan woon en die Chinese se gewoontes moet nastreef
nie.
God het jou in die
land gesit waar Hy jou wou he. Sy Woord se “in die land wat Ek jou gegee het”,
Dan het God jou in Suid Afrika gesit sodat jy kan leef tussen ander
Suid-Afrikaners om Sy Naam te eer en Sy
Woord te verkondig tussen ander Suid Afrikaners. Hiermee se ek nie dat sending
werk verkeerd is nie, maar die sendingwerk in Suid Afrika is nog nie klaar
gedoen nie, hoekom dit gaan doen in ‘n ander land as jou eie land jou nog nodig
het vir God se werk?
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Die forum, raak net beter by die dag!!!!! Hou dit so!!!
ReplyDelete