Ons
het nou gesien dat die Woord ons leer dat ons nie moord, self-moord of genade
dood mag pleeg nie, want almal is moord in God se oe en almal se straf is hel.
Luk
12:4&5 Moenie vrees vir die wat die
liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie, maar Ek sal julle wys wie
julle moet vrees, vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in
die hel te werp, ja, Ek se vir julle vrees Hom.
Maar
ons leer ook in die Woord dat daar nie ‘n probleem in die lewe is wat God nie
vir jou sal/kan oplos nie, of jou deur dit sal dra nie.
1Kor
10:13 Geen versoeking het julle aangegryp
behalwe ‘n menslike nie, maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle
bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die
uitkoms gee, sodat julle dit sal kan handeer.
Fil
4:13 En ek is tot alles in
staat, deur Christus wat my krag gee.
Ek
kom terug na Job, as daar een mens in die Bybel is wat sekerlik tot op die
uiterste beproef was om selfmoord te pleeg was dit hy, maar hy het nie, hy het
bly vertrou op God en aan die einde het God vir hom dubbel terug gegee wat hy
verloor het, en sy lewe oorvloedig geseen, is dit nie ‘n goeie voorbeeld vir ons
wat deur versugtinge gaan nie? Jak 5:10&11 …en julle het die einddoel van die Here met hom (Job) gesien, dat die
Here vol medelye en ontferming is
Ek
het in deel 1 dinge genoem wat mense tot selfmoord kan lei.
Kyk wat se die Woord oor die dinge.
Finansiele
probleme / besittings – Mat 16:26 Want wat baar dit ‘n mens as hy die hele wereld win, maar aan sy siel
skade ly?
Homoseksueliteit
, alkolisme, okkulte, egbrekers, geldgierigheid –
1Kor 6:9 &10 Of weet julle nie dat
die onregverdiges die Koningkryk van God nie sal bereerwe nie? Moenie dwaal
nie! Geen hoerreerders of afgodediennaars of egbrekers of wellustiges of
sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal
die Koningkryk van God beerwe nie!
Aborsie –
Luk 1:42 Geseend is jy onder die vroue,
en geseend is die vrug van jou skoot! As die Woord se jy is geseend omdat
jy swanger is, beteken dit jy mag van die baba ontslae raak?
Huweliks
probleme – Lees Efes 5:22-33 oor hoe die huwelik moet wees
en gebruik dit as riglyn vir jou huwelik en God sal jou huwelik verder seen.
Dit
is nie altyd maklik om deur seer, siektes, armoede, finasiele druk ens te gaan
nie, maar Jesus se dat alles ten goede sal uitwerk vir hom wat God lief het.
Rom 8:28 As jy die hele Rom 8 lees sal jy sien dat nie alles in die lewe goed
is nie, maar dat die resultate aan die einde goed sal wees, ons verstaan nie altyd
hoekom die dinge met ons gebeur nie, maar wanneer ons daardeur is en terug kyk
sien ons dat dit in die eerste plek nie so sleg was nie, tweedens dat ons deur
dit gekom het en derdens dat ons beter af is sonder dit, of as gevolg van dit.
Rom
8:28 En ons weet dat vir hulle wat God
liefhet, alles ten goede meewerk.
Lees
die boek van Jakobus, dit is 4 bladsye lank maar dit bespreek al die probleme
van die lewe waardeur ons kan gaan, dit versterk ons geloof, dit vertel jou om
na God te gaan en te vra vir hulp, om te glo, sonder twyfel dat God sal help en
voorsien, dat ons vie siekes moet bid, dat sonde vergewe sal word, maak nie
saak wat ons gedoen het nie.
As
jy al ooit selfmoord oorweeg het of probeer pleeg het, staan jy onrein voor
God, gaan soek hulp by die kerk of berader of selfs gelowige vriend wat jy weet
deur die Heilige Gees werk, maar moenie dit net los nie, dit kom van satan en
jy moet hierdie vloek/sonde breek.
Gebed:
God,
my Heilige Vader, ek vra U vergifnis omdat ek my lewe wat U my geskenk het so
gering geag het dat ek my eie lewe wou neem, vergewe my asseblief in Jesus Naam
vir hierdie sondige gedagtes en was my skoon met die Bloed van U Seun, ek breek
nou die mag van satan in my lewe in Jesus se kragtige Naam en neem Jesus aan as
my Verlosser in enige probleme wat ek in my lewe het, Ek staan op U Woord wat
se, ek is tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee. Dankie Jesus, Amen
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
Jesus Groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com