More Belinda,
Ek is ook een van Jesus se kinders wat genees is van
kanker.
Ek is die enigste kind van middelklas ouers. Het goed
grootgeword maar ook die pad byster geraak op ouderom 18. Op daardie ouderom is
niemand so slim soos jy nie en niks wat jou ouers of iemand vir jou se maak in
elk geval sin nie want dit is nie hoe jy dit sien nie.
Ek is getroud toe ek 20 was en twee weke voor my troue
my verloofring gegooi dat ek twee dae na hom gesoek het. Ek het seker nie
nodig om te se dat ek ‘n baie kort humeur gehad het nie. En ek moet se, ek het
letterlik alles gedoen wat my ouers my gemaan het om nie te doen nie. Regte
rebel.
Wel, ek kon nie kinders he nie. Het van die een dokter
na die ander, van een operasie na die ander, op die ou end infertiliteit
behandeling ontvang. Op laas ge-eindig in Tygerberg Hospitaal waar die dokter
vir my gese het hulle het my soveel hormone ingespuit ek kon doodgaan daarvan.
Daar moes nog ‘n operasie gedoen word en dit is toe wat
my man besluit het dit is die einde. Geen operasies nie en as ons dan nie
kinders kan
he nie dan is dit nou maar so.
So loop ek met selfverwyt, met die vrees dat my man my
sal los, dat hy met ander vrouens sal peuter, ensovoorts ensovoorts. In hierdie
tyd het ek ook nie meer gewerk nie. Watter werk sal jou tydig en ontydig afgee
vir behandeling en inspuitings maar die Here het voorsien. Dit was ook die tyd
in my lewe wat ek die Here gevind het. Van ek opgestaan het in die oggend tot
ek gaan slaap het, was hy my geselskap want al wat vrou is op die klein dorpie
het gewerk so ek was permanent alleen. Ek het baie gehuil, was deur hel met
skoonfamilie wat nie kon verstaan dat ek nie kinders kan he nie. Maar ook dit was die Here se
wil.my.
Ons het baie rondgetrek omdat my man se werk dit
vereis het en ek het in die staatsdiens beland. Hy het vir die paaie gewerk en
ek vir gesondheidsdienste. Dit het verplasings nie bemoeilik nie en ons het
regtig goed geleef. Maar my lewe het weer afgedwaal na die bree weg en ek het
begin siek word in 2002.
Maagpyn, seer rug, naar, en het onsettend gewig
opgetel. Ek besluit toe om dokter toe te gaan want die sooibrand en die pyn het
ondraaglik begin raak. Hy beveel aan dat ons medikasie gebruik want om ‘n
gastroskopie te doen sal hulle my eers op medikasie sit. Drie dae later was ek
terug. Die pyn is net ondraaglik. ‘n Afspraak is gemaak vir die gastroskopie en
‘n gewas in my slukderm gevind. Biopsie gedoen en die dokter se spreekkamer bel
my die Dinsdag om te se ek moet die dokter kom sien. Ek se toe is reg, ek is
Donderdag beskikbaar. Iets se my ek moet my man saam vat.
By die dokter gekom, gegroet en die gewone dinge
gepraat en hy se toe die volgende woorde: “Mevrou, daar is geen maklike manier
om vir jou te se wat ek nou vir jou gaan se nie. Die gewas in jou slukderm is
kwaadaardig”.
Hy het ‘n vel
met prenetjies uitgehaal en ek weet ek het na die maag gestaar. Wat hy gese en
verduidelik het weet ek tot vandag toe nie. Toe ek weer tot my sinne kom, hoor
ek net hy se, ek moet gaan vir x-strale van my long en ‘n sonar van my lewer en
niere want as die kanker versprei het gaan hy nie opereer nie, maar as my
organe skoon is sal hy die Maandag 13 Mei 2002 my in die hospitaal sien. Ek het
goed gehou tot ek in die gang gekom het, maar toe huil ek soos ‘n kind.
Ons het dadelik die x-strale laat neem en die sonars
en alles was skoon. Ek is ge-opereer en die kanker, een derde van my slukderm
en twee derdes van my maag is verwyder. Na ‘n lang herstelproses in die ICU
waar ek elke dag vir die Here gevra het om net nog hierdie pyp of hierdie
monitor afte haal, en Hy dit gedoen het, het ek geweet ek is nie alleen nie.
Die Here was al die pad saam met my. Ek was vir 4 dae in ‘n koma en het vandat
ek wakker geword het, elke dag gebid en gevra dat die Here my asseblief net
moet help dat hulle die goed van my lyf af kan
haal en dat ek gesond kan word.
11 dae na die operasie het die dokter gese hy het nog
nie ‘n pasient gehad wat so gou herstel het na so operasie nie. Later sou ek
hoor daar is maar min pasiente wat hierdie operasie oorleef. Ek is na ‘n
onkoloog verwys en sy het besluit dit is nie nodig vir enige chemo of
bestraling nie maar ek sou moes gaan vir toetse elke drie maande.
Ek het later so goed aangegaan dat ek net elke jaar
gegaan het vir toetse en 7 jaar na die operasie (2009) is my kankertelling die
hoogtes in. Vergroeiings wat vorm as gevolg van operasies het ‘n kanker in en
hierdie “ding” is om my aorta en geen spesialis het kans gesien om dit te verwyder nie. Die
operasie was net te gevaarlik. Ek weet dat ek die dag toe sy vir my gese het
die kanker is terug, in die kar gaan sit en net vir die Here gevra wat het ek
aan my liggaam gedoen dat die kanker teruggekom het. Nooit ooit het ek gevra
hoekom moes EK kanker kry nie. ‘n Pastoor het vir my gebid en my gesalf en ons
het die siekte bestraf en die duiwel het gestruikel en geval.
Chemo behandeling is begin vir 6 maande en ek was
dodelik siek. My hare het met die eerste behandeling begin uitval en ek het vir
my man gevra om dit af te skeer. Ek kon nie eet nie. Daar was sere in my mond
en ek het in die eerste maand 14 kilogram verloor. Maar, sonder hare en so siek
soos ‘n hond, moes ons pendel van Queenstown na Bloemfontein sodat ek my behandeling kon kry.
Toe het daar nog 6 weke van bestraling voorgele. Ek onthou hoe ek met die
eerste chemo eendag vir die Here gevra het om asseblief net ‘n einde te maak
aan alles want geen mens kan
hierdie hel deurstaan en lewend anderkant uitkom nie. Ek hoor onmiddelik ‘n
stem wat vir my vra: “Wat gaan van jou man word as jy nou weggaan”. Toe ek my
oe oopmaak, staan my man voor die bed en vra vir my hoe voel ek. Ek het met ‘n
slag aarde toe gekom. Die Here het kanker oor my pad gebring om my te leer om
mense te vergewe vir wat hulle aan my gedoen het. Die Here het my so siek
gemaak om my te leer dat ek nie die enigste mens op aarde is nie. In hierdie
tyd wat ek so siek was het hulle drie keer by ons huis ingebreek het ons het
net ‘n slaapkamerstel, sitkamerstel en ‘n stoof oorgehou. Dit, het die Here vir
my geleer, is aardse goed en dit is al wat jy nodig het.
Ek is nou in 2013 en in remisie. Die Here het my
gesond gemaak en ek het aan Hom ‘n belofte gemaak dat ek vir Hom sal werk tot
die einde van my lewe. Ek wil met my storie vir kankerlyers se, hou moet, moet
NOOIT die Here se hand los nie, moenie vra hoekom jy nie, hoekom NIE jy nie.
God het ‘n doel met alles wat in ons lewens gebeur. Hy
is vandag my Pa, my Ma, en die broers en susters wat ek nooit gehad het nie. My
beste vriend want ek gesels heeldag met hom. Ek smeek dinge by Hom en Hy
voorsien, ek werk nie meer nie en ons lewe soos konings wat ons Koning
voorsien. Ek lees gister ‘n artikel van Sheryl Long wat ook twee keer kanker
gehad het en genees is. Haar artikel eindig met die volgende woorde: “Kanker is
net ‘n woord, dit is nie ‘n vonnis nie. Daar is altyd hoop.
Vir die van julle wat hierdie siekte oorwin het, ons
sal altyd met die swaard oor ons koppe loop, maar weet dat God daardie swaard
beheer. Die duiwel kry swaar want in my lewe moet hy elke dag hardloop. Hy het
nie plek in my lewe nie. My eerlike opinie is dat hierdie siekte van die duiwel
is en ons moet NOOIT OOIT vergeet dat God ons so lief het dat Hy AL ons pyn vir
ons wil wegvat. Ek dank Hom elke dag vir wat ek het. My man, met wie ek nou 40
jaar getroud is, het my nooit verwyt dat ek nie “goed genoeg” was om vir hom
kinders te gee nie, en toe ek op my laagste was, en die chemo wou stop, was HY
die een wat vir my gese het ek kan nie oor my lewe besluit nie. Dit is nie my
werk nie. Ja, my hare het ook nog nie weer behoorlik uitgegroei nie, maar wie
gee om. Ek is gesond en dit is die belangrikste.
As daar enige iemand is wat twyfel, seer het, vrae het
om te vra, depresief is, hulp nodig het, julle kan my kontak by rina.malan@gmail.com
of telefoon 073 163 5024. Ek sal help waar ek kan . Hou vas aan jou geloof, praat met God,
gee jouself oor, onvoorwaardelik en GLO. Hy
KAN ons genees en Hy sal, as dit
Sy wil is. Ons is nie opgewasse om hierdie lewe te leef sonder Hom nie.
Jesus liefde vir julle almal.
Rina