Friday 24 August 2012

Neem geen besluite sonder God nie


 




Baie keer kom ons voor ‘n besluit en weet nie wat om te doen nie. Hoe weet jy dat dit die regte besluit is? Hoe jou besluit gaan uitdraai?

In Ps 32:8 en 10 lees ons :  (9)Wees nie soos ‘n perd, soos ‘n muilesel wat geen verstand het nie, (10) Die goddelose het baie smarte,maar hy wat op die Here vertrou, met goedentierenheid Hy sal hom omring (8) Ek wil jou onderrig en jou leer aaangaande die weg wat jy moet gaan, Ek wil raad gee, my oog sal op jou wees”

Laat jou besluite in die hande van die Here wat die grooter prentjie kan sien, wat die toekoms ken, wat beter weet as enige een van ons. Die Woord waarsku ons om nie ons eie besluite te neem nie, maar altyd op die Here te vertrou in alles wat ons doen.

Natuurlik het Hy ons verstand gegee om te weet wanneer dit reg of verkeerd is, so as jy ‘n besluit gaan neem wat teen God se wil is, moenie verwag dat Hy jou gaan antwoord as jy vra nie, byvoorbeeld as jy wil weet of jy ‘n casino of drankwinkel moet oopmaak, moenie eens die moeite doen om te vra nie, want dit is teen God se wil. Of as jy wil weet of jy iemand moet terug kry vir iets wat hulle aan jou gedoen het….die antwoord is nee! God se vir ons “laat die wraak My toe kom”. Maar as jy van werk wil verander en jy is nie seker nie, dan kan jy vra dat God jou antwoord oor jou besluit voor jy dit maak. Hoe antwoord God ons? Deur vrede, vreugde,blydskap, gemoedsrus.
Satan kan nie die vrede van God na maak nie, so as jy vrede in jou hart kry oor ‘n besluit is dit van God af.

Kyk na vorige blog oor Hoe weet ek wanneer God my antwoord vir meer inligting oor die onderwerp.

Spr 28:26 Wie op sy eie hart vertrou, is ‘n dwaas, maar hy wat in die wysheid wandel, sal gered word.

Spr 3:6 Ken Hom in al jou wee, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.

Onthou God gaan nie vir jou iets gee, waarmee Hy jou nie kan vertrou nie. Net soos jy nie vir jou kind ‘n regte pistool gaan gee om mee te speel nie, net so gaan God ook nie vir jou ‘n Ferarri gee as jy iemand is wat nie by die spoedgrense kan hou nie.

Mag ons God pla met besluite? Mag ons God vra om vir ons goed te gee? Beslis ja!

Ps 2:8 “Eis van My, ek Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting!” Wat presies beteken hierdie versie? God wil jou so seen dat jy wereldwyd bekend is, dat jou inkomste van af die hele aarde sal kom! Soos byvoorbeeld Bill Gates, hy is wereldwyd bekend, bekend deur alle nasies en sy inkomste kom van die eindes van die aarde!

Kragtige woorde! Waar woorde uit die mond van God! Eis dit met openhartigheid want dit is wat God vir jou se in Sy Woord!

Voorbeeld van gebed uit die Woord:

Ps 25:4&5 Here maak my U wee bekend, leer my U paaie, Lei my in U waarheid en leer my, want U is die God van my heil, U verwag ek die hele dag, in Jesus Naam Amen.




Enhanced by Zemanta

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...