Monday 23 July 2018

Die nooit,nooit, ooit belofte!


Image result for Hebreƃ«rs 13:5

HebreĆ«rs 13:5 “Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesĆŖ: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.”

In tye wanneer ons wĆŖreld gedefinieĆ«r word deur nomadiese verhoudings en oppervlakkige toewyding is dit meer as wonderlik om te weet daar is ‘n Vriend wat nader is as ‘n broer.

Die skrywer van HebreĆ«rs boekstaaf God se “nooit nooit ooit” belofte – “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.”

Daar is ‘n soveel dieper betekenis en beskrywing in hierdie teks wat die Afrikaanse taal nie kan verwoord met die vertaling uit Grieks nie. Leermeesters van die Griekse taal weet dat ‘n dubbel negatief die stelling versterk, dit verwyder dit vĆŖr bo alle moontlike twyfel.

Die Amplified Bybel stel dit moontlik die beste: “For God Himself has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down; nor relax My hold on you! Assuredly not!”

Met ander woorde, “EK sal jou nooit, nooit, ooit verlaat nie! Nooit nie en dit is ‘n belofte.”

Maar, soms word God se nabyheid nie gevoel of ervaar nie. Daar is tye waar dit voel of Hy nĆŖrens te vinde is nie. Ons roep uit maar daar is geen antwoord nie. Desperaat soek ons na tekens maar vind niks. Tog is Hy daar. Baie kere besef ons dit eers nadat die “stilte” tydperk verby is.

Dit is wanneer ons besef juis hoe naby Hy was. Miskien kan ons, soos die Psalm digter, na hierdie tye en seisoene kyk as “in die skadu van Sy vleuels”. Ja, Hy is naby, selfs wanneer dit so donker is.

Beskou die volgende as ‘n kort “oor vlug” oor ‘n paar hoĆ« pieke in die bergreeks van God se Getrouheid:

Gen 28:15 “En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesĆŖ het.”

Deu 31:7 & 8  “Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oĆ« van die hele Israel gesĆŖ: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe. En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”

Jos 1:5 & 6 “Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee.”

1Sam 12:22  “Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die HERE behaag het om van julle vir Hom ‘n volk te maak.”

1Kron 28:20 “En Dawid het aan sy seun Salomo gesĆŖ: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.”

Ps 37:25 “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.”

Jes 41:10 “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

Ons kan dit alles in een sin opsom – “Ek sal jou nooit, nooit, ooit verlaat nie! Nooit, nooit, ooit nie – en dit is ‘n belofte.”

God sĆŖ in Num 23:19  “God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sĆŖ en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie?” Dit is waarom ons, sonder enige twyfel, kan weet dat Hy ons nooit sal verlaat nie.

“Vader, dankie vir die belofte wat ek het dat U my nooit sal verlaat nie. Dankie dat ek op U Woord kan staan en U herinner aan U beloftes. Dankie dat hulle in Jesus Ja en Amen is soos dit geskrywe is in 2 Kor 1:20 “Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.’ Amen.”

(cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys


2 comments:

  1. Prys die Here,ek dank die Here vir Sy beloftes en versekering in Sy Woord'"NOOIT NOOIT OOIT SAL GOD ONS IN DIE STEEK LAAT,EK HET BAIE GETUIES DAAROMTRENT

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...