Monday 28 November 2016

Dankbaarheid


Image result for dankie images



DANKBAARHEID


Die Bybel vra in Ps 116:12-13:

"Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my?  -   Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.”

GOD se WELDADE word hier vergelyk met ‘n beker wat oorloop met redding. Dit klink reg om te praat van my lot as ‘n beker van of hartseer of vreugde waaruit ek drink. Die beker of lot van my lewe is vol met getuienisse van God se reddende hulp. “My beker loop oor”. Ek vra, hoe kan ek HOM ooit genoeg bedank? Wat kan ek aan Hom gee of doen vir al Sy hulp?


Daar is verskeie maniere en die eerste is dat ons sal Ontvang. Met ander woorde, soos iemand eenkeer gesê het, Om van God te ontvang is die beste geskenk aan Hom want God is lief om te gee. Johannes het gesê: “Hy in die gewende God, wat nie net sonder voorbehoud gee maar met geen gedagte van voordeel nie en net vir die vreugde van gee.” Wat kan Hom dan meer bevredig as om vertrou te word, om ontvangers van Sy geskenke (voorsiening) te wees, om te weet dat ons Sy debiteure sal wees, wat duisende talente skuld met niks om daarvoor te betaal nie, maar steeds bereid om uit Sy liefde te ontvang. Niks bedroef God meer as wanneer ons nie wil ontvang wat Hy gee nie. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh 3:16. “God het sô lief dat Hy gee, en wanneer ons Sy grootste geskenk nie aanvaar nie of ignoreer, dien ons Hom die grootste vernedering, oneer en seer, waartoe ons in staat is, toe.


Dan, moet ons Sy Naam aanroep. “Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep. My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote. Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. Ek sal U ‘n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.” Ps 116:13-17. Roep Sy Naam aan as ‘n toets!! Die beker van vriendskap, planne, winste, vermaak, studies, ens moet hierin getoets word.


Dan moet ek seker maak dat my geloftes en beloftes nagekom en betaal word. “My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote. Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. Ek sal U ‘n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep. Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.” Ps 116:14-18. “As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.” Pred 5:4-5. Ons almal maak beloftes en gee ondernemings in tye waar dit moeilik gaan. Soms vergeet ons daarvan as omstandighede verander en kom ons nie ons beloftes na nie, ook nie teenoor God nie. Is hierdie nie ‘n hoë vlak van ondankbaarheid nie? Dit wat ons aan God belowe en op Sy altaar gesit het, behoort aan Hom en nie meer aan ons nie. Hoe kan ons dan nie wil afstand doen en ons beloftes betaal nie?


Ons dankbaarheid vereis ook die geskenk van “myself”. “Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.” Ps 116:16. In die Robinson Crusoe verhaal het die gevangene, nadat hy gered is, voor sy redder gekniel en díe se voet op sy nek geplaas as ‘n simbool dat hy sy slaaf wou wees. Die liefde van Jesus, wat ons verlos het van bindings, lei ons om nie meer vir onsself te leef nie maar vir Hom. “En van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed.” Openb 1:5. Verlos van die bande van sonde word ons verbind aan die diens van liefde.


GEBED

“Vader, ons dank U vir al die voordele wat ons deur U goedheid ontvang het. Die beste danksegging wat ons U kan aanbied is om volgens U Heilige wil te leef. (“Want dit is die wil van God: julle heiligmaking.” 1 Thess 4:3). Gee ons om daagliks in U wilt e lewe en om daarin en in liefde te groei.   AMEN.”


 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys








1 comment:

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...