Sunday 15 November 2015

Hoe leef ek 'n Geesvervulde lewe?


Image result for person praying


Rom 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

In Christus het ek die volheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Ons geesdismensie maak ons in staat om te leef soos God wil hê ons moet leef, want wanneer ons met die Heilige Gees gevul is, het ons kragbron (ons geesdismensie) "ontwaak". Nou het ons die Heilige Gees om ons te help om te leef soos ons veronderstel is om te leef. Die Heilige Gees sal ons lei in waarheid nou hoef ons nie meer in vlees te wandel nie maar wandel ons in gees, want die Gees van God woon nou binne ons.

Rom 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Jak 3:17&18  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins (18) En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.

Wanneer ons Jesus aangeneem het as ons Verlosser, en ons wedergegebore is uit water en gees dan kan ons nie meer deel wees van die wêreld en die dinge wat in die wêreld aangaan nie, dan moet ons streef na heiligmaking en gehoorsaam wees aan die stem van die Heilige Gees. Ons moet verander want die Woord waarsku ons daarteen.

Jak 4:45&  (verkort) "Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word n vyand van God" (5) Of neem julle dat die Skrif tevergeeds se: "Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?"

Om Geesvervuld te wees moet ons na heiligmaking streef, ons moet probeer om by die riglyne van God te hou, en wanneer ons verkeerd doen, bly in die Lig (Jesus) vra vergifnis sommer dadelik sodat die vyand nie 'n houvas op jou lewe kan kry nie.

Jak 4:7 &8 Onderwerp julle dan aan God, weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug (8) Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.

Draai weg van sonde sodat God se volmaakte wil in jou lewe kan plaasvind. Ons almal ken die versie (Rom 8:31) wat sê "ek is tot alles instaat deur Jesus wat my krag gee. Ons kan ophou skinder, vuilpraat, drink,oordeel, dubbelsinnig wees ensovoorts, want ons het ons Kragbronne wat ons help, God se genade, Jesus se krag en die Heilige Gees se werke en vrugte binne ons wanneer ons wedergebore  en gered is.

Gebed:

Dankie Vader, dat U Gees my algeheel vul en beheer en my met liefde wysheid gee oor hoe om in elke situasie op te tree en bo elke situasie uit te styg (1 Joh 2:20-27)
In Jesus Naam
Amen

As jy enige geestelike hulp, gebed of berading verlang skryf aan Belinda Paar (belindapaar@gmail.com)


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...