Friday 5 December 2014

Hoekom word ons nog siek as God ons gesondheid belowe?


 

Deur dinge wat ons aan onsself doen soos rook en drink, deur vloeke, deur satan wat ons aanval, juis omdat ons nie glo nie, en deur die kits kosse wat ons eet en die manier waarop ons kos voorberei ens. Ons lewens het so gejaagd geraak in ‘n jagtog na wind en rykdom dat ons nie meer ordentlike en gesonde kosse inneem nie.

Emosionele bagasie wat ons vir ewig met ons saamdra veroorsaak dat ons liggame wegkwyn onder siektes. Ons word in die Woord gewaarsku daarteen dat ons, ons gemoed (denkwyse) moet verander sodat ons die welgevalle en volmaakte wil van God in ons lewens kan sien. Rom 12:1-2

Jesus sê self in Mrk 7:20-23 “Wat uit die mens uitgaan, dit maak mens onrein. Want van buite, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreek, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, afguns, lastering, hoogmoed,dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein”.

Wat is ‘n vloek?

Vloek beteken om “te bind” In Hebreeuse beteken die woord om “te bind”, om kragteloos te maak, weg te neem wat veronderstel is om daar te wees, om vermoë weg te neem of the beperk. Om in sonde te leef is om jou kragteloos te maak, Jy skep grense vir jouself wat jou beperk om te gaan waar God jou wil hê
.
Ongehoorsaamheid veroorsaak outomatiese beperkings op jou lewe, jy maak jouself onbekwaam.

Deut 28:1-68 Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorvuldig te hou al Sy gebooie en Sy instettinge wat Ek jou vandag bevel nie, DAN sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal….”

Maar sê die Woord dat my gemoed of emosies my kan siek maak? Kom ons kyk na net ‘n paar verse uit die Woord.

Spr 17:22 ‘n Verslae gees laat die gebeente uitdroog.
Spr 14:13 Ook onder gelag kan die hart ly, en die einde van so blydskap is bekommernis.
Pred 11:10 En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam.
Luk 21:26 Jou hart beswyk van vrees.
Jer 4:18 Jou handel en jou wandel het dit aan jou gedoen, dit is jou boosheid, ja bitter is dit. Dit raak tot aan jou hart.
Job 5:2 Want verbitterheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
Ps 6:8 My oë het dof geword van verdriet, dit het swak geword.
Ps 107 Depressie het hulle in die duisternis en doodskaduwee gesit, gevang in elende en ysters.
Rom 3:13-17 Bitteheid verwoes jou en die mense om jou.
Hand 8.23 Bitterheid hou jou gevange.


Wat van satan kan hy ons ook aanval of vloeke oor ons bring?

Die bekendste vers in die Bybel is sekerlik Ef 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie (mens nie) maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wèreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

1 Joh 2:10& 11 Hy was sy broer liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie, (11) maar hy wat sy broer haat, is in duisternis, en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat duisternis sy oë verblind. Sien ook Tit 3:3-5.

Ons almal ken die verhaal van Job en wat satan aan hom gedoen het, maar Jesus se ook vir ons (Joh 10:10) Die dief kom om te steel te slag en te verwoes, Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê”

 Dan die verhaal van die Kananese vrou Mark 15: 21-28 Waar sy vir Jesus sê my dogter is erg van die duiwel besete.

Gebed:

Dankie Vader dat ons weet U Woord se dat die werke van satan gebind is en dat hy geen mag oor my het nie soos geskryf in Mat 18:18 Dankie dat ek by U kan skuil soos geskryf in Ps 91, en dankie dat my siel verkwik word deur U soos in Ps 23 en dat net goedheid en guns my sal volg al die dae van my lewe. Dankie dat Jesus gekom het dat ek oorvloedig kan lewe, in Jesus Naam
Amen.

LEES OOK GOD MAAK NIE DOOD NIE

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...