Friday 5 December 2014

Dra gebedsgenesing nog krag in vandag se tyd?

Ons is so vinning om dokter toe te hardloop as ons siek word (ek ingesluit), en dit is nie verkeerd nie, God het vir ons dokters, en kennis gegee om ons gesond te maak, maar wat se God moet ons doen as ons siek is?


Jak 5:14
(14) Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

Hoeveel van ons gaan kerk toe vir genesing? En wanneer iemand vir ons bid, glo ons dat ons werklik genesing ontvang? Kyk wat se die volgende twee verse.

(15) En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
(16) Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Ons het niks bereik in die lewe sonder die genade van God nie, jou pos of amp wat jy beklee is vir jou gegee as jou doel hier op aarde, ons is nie geroep vir die hemel nie, ons is gekies vir die aarde, ons werk is hier, God het nie nog engele in die hemel nodig nie, nee Hy het jou hier op die aarde nodig en Sy opdrag is om die Evangelie te verkondig aan alle mense, is genesing nie deel van die Evangelie nie?

God sê:
Ex 15:26 “Ek is die Here wat jou gesond maak” 

1 Pet 2:24 Deur die wonde van Jesus IS jy genees.

Mat 8:17 Jesus het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

Gal 3:13 -14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet, deur vir ons ‘n vloek te word,

Ex 6:7 sodat die seën van Abraham na ons kan kom.

Wat is die seen van Abraham?

Gen 26:4&5 …. In jou geslagte sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat Abraham na My stem geluister en My ordening, My gebooie, My insettinge en My wette onderhou het.

Gebed:

Dankie Vader vir U  Woord wat waarheid is en doen wat U behaag. Dankie vir Jesus reeds my siekte op Hom geneem het sodat ek genesing kan ontvang. Dankie vir die genesing wat NOU in my liggaam plaasvind. Aan U kom al die eer en lofprysing, in Jesus Naam Amen

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com



No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...