Saturday 28 June 2014

Wangedrag onder tieners. Deel 1


Baie ouers is van mening dat hulle aan al hul kind se behoeftes voorsien, maar ten spyte daarvan ruk die kind nogsteeds hand uit.

Wat sien mens as “behoeftes”?

Eerstens word behoeftes beskryf as materiele dinge, kos, klere en ‘n dak oor die kop, en so paar ander bederf goedjies soos ‘n selfoon, T.V. in sy kamer, motorfiels ens.

Maar die word “behoefte” het ‘n grooter betekenis.  Behoefte is alles wat ‘n mens in die lewe nodig het om te bestaan!

Wat het mens dan nodig om te bestaan?  Liefde is die eerste antwoord wat jy sal gee. Maar liefde is meer as net die liefde wat ons gee deur drukkies en soentjies.

Liefde is ‘n behoefte aan belangstelling, aandag, toenadering, respek, onderig ens.
Maar die woord gaan verder, kinders het al hierdie bogenoemde nodig om te bestaan en om te ontwikkel maar hulle moet ook emosioneel, sielkundig en godsdienstig ontwikkel.

Deut 6:6, 7: “Hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit by jou kind inskerp en daaroor praat wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lĂȘ en wanneer jy opstaan.

Kinders het ‘n godsdienstige platform nodig om hulle lewens suksesvol te laat ontwikkel. Ons is nie op die aarde vir ons eie doel nie, maar vir God se doel, en as ons, ons kinders nie die fondasie gee om God te ken nie, sal hulle, hulle werklike doel in die lewe nie behaal nie.

Jes 44:21 “Want jy is My kneg, Ek het jou geformeer, jy is My kneg”

Wangedrag by kinders kom voor omdat hulle verwaarloos is, ek bedoel nie vuil klere dra, swak gevoed word of liggaamlik vuil is of in slordige huise woon nie, maar dat hulle emosioneel verwaarloos word.

God se ons moet leef tot eer van Hom, daarom het Hy ons geskape met ‘n onsterfbare siel sodat ons ‘n ewigheidsbestemming kan ontvang. Om te leef tot eer van God moet ons sielkundig ontwikkel.

Rom 14: 7&8 Want niemand van ons lewe vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie (8) want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here, of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Sielkundige ontwikkeling is om te leer om lief te he, om aandag te gee, om goed te deel, om omtegee, om God te ken, om skoolonderrig te he, om ‘n familieband te ken, om vrede te bewaar ens.

Hoe en waar leer kinders dit? Eerstens by die huis, dan by die skool, in die gemeenskap en ook by die kerk.

Verwaarlosing van ‘n kind kan beskryf word as ‘n “te kort”.  Dat die kind dinge moet ontbeer wat hy nodig het. Dit is duidelik in kinders wat wangedrag toon dat daar ‘n duidelike gemis aan gemeenskapsontwikkeling is.

Wanneer ‘n kind nie gemeenskapsgevoel ontwikkel het nie, ontstaan ‘n minderwaardigheidsgevoel, ‘n gevoel dat hulle nerens inskakel nie, of nerens hoort nie. Die gevoel bring mee dat die kind na die buitewereld beweeg om aanvaar te word, en dan sodoende met verkeerde vriende deurmekaar raak.

Sodra die kind voel dat hulle “inpas” by die “verkeerde” vriende begin hulle die gevoel van wrokkigheid en selfs vyandigheid teenoor die huisgesin ontwikkel en gee aanleiding tot wangedrag. Daar is nie regtig so ding soos “verkeerde” vriende nie, kinders met dieselfde emosionele probleme “hang” saam uit omdat hulle iets in gemeen het.

Deel 2 vervolg
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...