Lois Griffin (Photo credit: Wikipedia) |
Die vrou se rol as Christen word duidelik in die Bybel
beskryf. God het vir Adam en Eva geskape. Hy het die man eerste geskape en hom
dus die hoof gemaak oor die vrou.
Gen 2:19 – 25 lees ons van hoe die vrou gemaak is deur God. Die eerste vers waarna ons kyk is vers 20. God het al die diere gemaak en
dit vir die mens (Adam) gaan wys sodat hy hulle name kon gee, vers 20 maar vir die mens het Hy geen hulp gevind
wat by hom gepas het nie.
(21) Toe het
die Here God, ‘n diepe slaap op die mens laat val, en terwyl hy slaap, het Hy
een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
(22) En die Here God
bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die
mens.
(23) Toe se die mens: Dit
is nou eintelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin
genoem word, want sy is uit die man geneem.
(24) Daarom sal die
man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees
wees.
(25) en hulle was
altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hulle nie geskaam nie.
Ons almal ken die verhaal van die slang en die boom van lewe
en dood en dat die slang die vrou verlei het en die vrou die man verlei het.
Satan (slang) het vir haar gese dat as hulle van die boom
eet sal hulle soos God word en die veskil kan sien van wat goed en kwaad is, hulle oe
sal oopgaan. Oopgaan vir wat? Sonde!
Nadat hulle van die boom “van lewe en dood” geeet het, het
hulle bewus geword van hulle naaktheid en skaam gekry. Sonde het dit oor hulle
gebring. Adam en Eva het sonde gepleeg.
Eva het vir die slang geluister en Adam vir sy vrou. Hy moes vir God geluister
het, so hy het ook gesondig.
Kyk wat se God vir Eva is haar straf: Gen 3:15 Aan die vrou het Hy gese: Ek sal grootliks
vermeerder, jou moeite en jou swangerskap, met smart sal jy kinders baar, en
na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers!
Ons sien dat reg in die begin van die mens se bestaan het
God vir die vrou gese dat haar man oor haar sal heers. Met ander woorde die
vrou moet onderdanig wees aan haar man.
Die man het ook pligte teenoor sy vrou in God se Woord maar
vir nou doen ons net die vrou se pligte en christelike waardes.
1 Kor 11:3 Maar ek wil he dat julle moet weet dat
Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van elke vrou, en
God die hoof van Christus.
Die Vrou se plig
in die kerk:
1Kor 14:34 en 35 Julle
vroue moet in die gemeente swyg, want dit is hulle nie toegelaat om te spreek
nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook se,
(35) Maar as hulle
iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om
in die gemeente te spreek.
1Tim 2: 9 – 15
So ook moet die vroue
hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoenheid,
nie met vlegsels of goud en perels of kosbare klere nie,
Maar soos dit vroue
betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
Die vrou moet haar in
stilte laat leer in alle onderdanigheid.
Ek laat die vrou
ergter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet
haar stil hou.
Want Adam is eerste
gemaak, daarna Eva.
En Adam is nie verlei
nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
Maar sy sal gered word
deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met
ingetoenheid.
Volgens die Bybel mag vrouens dus nie preek, praat of sing
in die kerk nie, vrouens mag ook nie die koor lei nie, of die hoof singer in
die kerk wees nie. Sy moet onderdanig wees, stil wees en haar man volg.
Wat mag vrouens
dan wel doen?
2Tim 3:15 en dat jy
van kleins af die Heilige Skrifte ken, Hoe
en waar het Timoteus die Heilige Skrifte van kleins af geleer en geken? Die
antwoord is in 2Tim 1:5 - Hy het by sy ouma Lois en sy moeder Eunice geleer.
Jesus liefde
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
No comments:
Post a Comment