Saturday 3 August 2013

Familie twist en gevegte


Die waarde van broers en susters in jou lewe

In vandag se tyd het ons soveel wat ons besig hou dat ons nie meer tyd kry om by ons eie familie uit te kom nie, broers en susters kuier nie meer saam nie, daar is families wat  twist onder mekaar en soms vir jare nie met mekaar praat nie.

As jy gaan sit en dink waaroor is jy eintlik so kwaad vir mekaar is dit soms belaglik wat  die rede vir die skeiding en twist is.

Ons leer in die Bybel dat ons mekaar moet vergewe, en soms dink en se mens dit is net nie moontlik nie, maar dit is want by Christus is niks onmoontlik nie Fil 4:13 Ek is instaat tot alles deur Christus wat my krag gee” so dit is binne jou mag om te kan vergewe.

Het jy al ooit gedink hoeveel tyd jy saam met jou broers en susters spandeer het in jou lewe. As kinders waar julle in dieselfde huis gebly het, dit is nie net sommer net tyd nie dit is jaar in en jaar uit! Julle het langs mekaar gesit op die agterste sitplek van die motor wanneer julle ouers iewers heengery het, saam met vakansies gegaan, saam gewerk, saam stout gewees, saam pak gekry, saam gehuil.

Dink aan die tye wat julle as kinders baklei het, waar julle die lyn getrek het in die kamer en elkeen mag nie oor die “skei-lyn” trap in die ander een se kant nie.

Vandag as jy daaraan dink is dit kosbare oomblike, vandag lag jy oor die dinge wat julle saam aangejaag het, oor die gevegte wat julle gehad het. Nooit in jou lewe sal jy weer soveel kosbare en onskuldige oomblikke met ‘n ander persoon beleef soos met jou broer/suster nie.

Vir die rede ken niemand jou so goed soos jou broer/suster nie, niemand ken die detail van jou kinderjare beter as hy/sy nie, niemand kan beter verstaan deur watse hartseer of geluk jy gegaan het as hy/sy nie.

In gevalle waar ouers geskei is of ‘n ouer dood is toe die kinders nog jonk was, is dit jou broer/suster wat verstaan hoe jy gevoel het want hulle het dit ook gevoel, en baie keer gaan een van die kinders in die gesin “verlore” a.g.v die tipe hartseer.

Wanneer kinders in ‘n gebroke huis groot word is die fondasie van hulle kinderlewe gebreek en in stukke geruk, en al die gesinslede val in die “donker-gat” deur die omstandighede, en hulle probeer mekaar help, maar moet hulself ook help in die proses, en soms veroorsaak dit dat daar gevoelens agterbly dat die ander een nie daar was vir jou nie. Maar soms het die ander een probeer om self kop bo water te hou en hulle eie seer op hulle eie manier te probeer verwerk.

Is dit nie die moeite werd om te probeer om die bande weer reg te stel nie, om “jammer” te gaan se nie, nie elke geval gaan suksesvol wees nie, maar as jy nie gaan probeer nie, gaan jy nooit weet nie, en is dit nie die moeite werd om in plek van die vader/moeder wat jy verloor het, ‘n suster/broer weer terug te kry in jou lewe nie.

Laat God toe om jou denke te verander (Rom12:2) en Efes 4:23 “Julle gees en gedagtes moet nuut word”

Sit jy met emosionele probleme wat jy nie kan verstaan waar dit vandaan kom nie? Het jy al ooit daaraan gedink dat dit ‘n gemis is binne jou vir ‘n broer/suster waarmee jy kontak verloor a.g.v. ‘n onbenullige getwist, het jy al daaraan gedink dat hy/sy jou dalk ook mis maar voel jy sal hom/haar nie vergewe nie?

Die Woord se (Jak4:10) Verneder jouself sodat Ek jou kan verhoog! Dit is dalk tyd dat jy vrede gaan maak, die lewe is so kort, moenie wag totdat dit te laat is nie, die “her-ontmoeting” kan dalk jou hele lewe en sielsdimensie verander.

Geestelike Wet:- En Jesus antwoord hom: Mat 22:37 &38 “Jy moet die Here jou God liefhe met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand, en die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhe soos jouself!

Wie is jou naaste? Jesus antw in Luk 10:36&37 Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het! Nie almal is ons naaste nie, die een wat jou gehelp het, bygestaan het is jou naaste, het jou broer/suster nie ook al barmhartigheid teenoor jou gewys nie? Dan moet jy hom/haar lief he soos jouself!

Hoe kan jy jouself liefhe as jy nie met jou broer/suster vrede gemaak het nie? Hulle is jou naaste!
Spr 18:19 'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad, en geskille is soos die grendels van die paleis. Maar kyk dan wat staan in Spr 17:17 Die vriend het altyd lief, maar die broer word gebore met die oog op die nood!
As mens regtig in die nood, of hartseer is na wie toe gaan jy of wil jy gaan? Na 'n broer of 'n suster, of selfs 'n ouer, die band word nooit gebreek nie, ons baklei net daarteen!

Mag vrede en liefde en restorasie plaasvind in elke gesin wat opgebreek is in die Heilige Naam van Jesus Amen.

Jesus groete
Belinda
Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com



1 comment:

  1. Baie dankie vir die mooi stukkie wat jy geskryf het. Dit is so waar en tyd dat ek vrede maak met my familie. Jy het my laat besef dat die tyd so vinnig verby gaan en mens besef dit nie eendag is dit te laat.

    Ek volg jou blog en moet se dit is uitstekend!
    Groot seen vir jou.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...