Sunday 14 July 2013

Hoogmoed en trots



1 Pet 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd!

Definisie in die woordeboek se: trots, trotsheid hovaardigheid, fierheid, hoogmoed kom tot ‘n val, sy ma se oogappel, onsself verhewe bo ander, jou roem op jouself, trots wees op jouself, ander minder ag as jy, neerkyk op ander, skinder van ander, ander kritiseer, ander afbreek, uit die hoogte, stywe nek rondloop, arrogant wees,weelderig,ydelheid,leegheid,holheid, verganklikheid, spoggerig, groot praat, roem, verwaandheid.

Sielkundige Definisie van hoogmoed: - ‘n bewuste minderwaardigheid!

Bybelse definisie:

  • Spr 21:24 ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat vermetelheid handel.
  • Spr21:23 Hy wat sy mond en tong bewaar, bewaar sy siel van benoudheid.
  • 1Pet 5:5 Net so moet julle jongeres aan die oueres onderdanig wees, en wees almal met ootmoed beklee in onderdanigheid aan mekaar want God weerstaan die hoogmoediges maar aan die nederiges gee Hy genade.  
As jy jouself gaan verhoog – gaan God jou verneder! 
  
Meet jouself aan jou vriende:- Dink hulle, hulle is beter as ander? Skinder hulle vrouens onder mekaar? Wil hulle nie met armes en oues meng nie? Jou vriende is soos jy! Birds of the same feather flock together! Het jy hoogmoedige vriende? Dan is jy ook hoogmoedig!

Spr 6:19 – Hierdie dinge haat die Here, en die sewende is vir Sy siel ‘n gruwel:- trotse oe, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskudige bloed vergiet, ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig is om na die kwaad toe te loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai

Bybelse voorbeelde:

Adam en Eva rebeleer teen God deur hoogmoedig te wil wees deur die vrugte te eet van die Boom van Goed en Kwaad omdat die slang vir hulle se as julle die vrugte eet word julle NET soos God! Hoogmoed! Wil beter wees as ander en 6000 jaar later sit mense nog met dieselfde probleem!

Job doen alles wat God wil he, maar Job sit op die ashoop. In die laaste 4 hoofsktukke lees ons dat Job besef dat hy hoogmoedig is en hy vra God vir vergifnis, en God maak hom die rykste man in die weste.
Spr 16:18 -Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom tot die val..

Jy moet ontsla raak van die dinge in die lewe wat God weerhou om jou erfdeel wat Hy jou belowe het vir jou te gee! God wil nie jou kinders, jou finansies en jou gesondheid wegvat nie. Ons lees in Sy Woord, Hy wil vir jou voorsien, oorvloediglik soos ‘n Koningskind! Maar Sy wet se jy moet by Sy riglyne hou! Hoogmoed beteken ek onderwerp my nie aan die gesag van die Here nie!!

Alles wat ons het, wat ons word, wat ons besit, kom van God af, jou werk, jou salaris tjek, jou kinders, jou huwelik, jou hoe pos by die werk….jy het niks gekry sonder die genade van God nie! En wanneer ons dink ons het self so “oulik” geword, verneder God jou en verloor jy alles!

Spr 29:1 ‘n Man wat bestraf is en sy nek verhard., sal onvoorsiens verbreek word, sonder dat daar genesing is!

Hoeveel mense sit in die kerk met finansiele, huwelik, kinder probleme? Hoekom? Omdat hoofmoed deel is van hulle lewens, omdat hulle skinder binne die kerk, neer kyk op ander, binne die kerk, met jaloesie sit omdat die pastoor altyd iemand anders vra om te af te sluit of iets te doen en nie vir hulle nie!

Hoekom val kerke uitmekaar? Omdat mense skinder in die kerk, omdat daar hoogmoed binne die kerk is, omdat daar “Clicks” is binne die kerk.’n “Click” in die kerk is verkeerd in God se oe, want dit veroorsaak afguns, minderwaardigheid, onder die gemeentelede en dan begin mense opstandig raak, hulle begin skinder, begin ander afbreek en sleg se, hulle begin spot oor ander in die kerk!!

Spr 3:34 As dit spotters betref spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade
  
As die duiwel jou nie op geestelike vlak kan aanval nie, maak hy jou hoogmoedig! Hy laat jou dink jy is beter as ander, en God verneder jou! Satan was die eerste een wat hoogmoedig geword het, hy wou soos God wees en God verneder hom en gooi hom uit die hemel.

Toets jouself: 
  • Kyk jy neer op mense? Skinder jy van mense en breek hulle af?
  • Vertrou jy op jou eie krag? Draai die wereld om jou ? Hou jy daarvan om mense reg te help?
  • Kan mense jou iets leer? Is jy eiewys, arrogant, perfeksionisties, jaloers?
  • Voel jy nogsteeds skuldig nadat jy sonde bely het ?
  • Volg jy God se riglyne? Sit jy nog met sondes wat jy nie gebreek kan kry nie?
  • Luister jy as jou man/vrou jou reg help ? Verhewe jy jouself deur te spog oor jouself?
  • Glo jy totaal in God se beloftes of sukkel jy met dit?
  • Probeer jy almal se aandag trek in ‘n gesprek? Neem jy altyd die hele gesprek oor?
  • Blaas jy jou eie beuel?Is jy ondankbaar? Is jy lief vir geld?
  • Wat dink en voel jy wanneer ander prysing ontvang?
  • Is jy ongeskik met mense? Irreteer mense jou? Is jy liefdeloos?
  • Is jy geskei?, Sieklik? Geskei? Sukkel jy met finansies?
  • Sit jy met emosionele ongelukkigheide in jou lewe wat jy nie kan deurbraak vind nie?
Hoe Raak ek van Hoogmoed ontslae:
  • Vas vir verlossing!
  • Gebruiks die nagmaal – jou verbond tussen jou en God
  • Beroep jou op die Bloed wat jou vryspreek.- Vra vergifnis! 
  • Verneder jouself voor God sodat Hy jou kan verhoog!
Hoe verneder ek myself voor God? Met opregte berou en smeeking oor wat ek verkeerd gedoen het! As jy jouself voor God gaan verneder en vergifnis vra vir dit wat jy gedoen het, gaan Hy jou met Liefde vergewe en dit kanselleer en gaan Hy jou verhoog!

Elke keer as jy Nagmaal gebruik bevestig jy jou verbond met God! Paulus se "onwaardige wyse van nagmaal gebruik bring ‘n vloek oor jou, so maak seker dat jy jou broer en suster vergewe het voor jy nagmaal gebruik". Hoe word jy vervloek? Deur jou finansies, jou kinders wat rebels optree, jou huwelik wat nie uitwerk nie, siektes ens.

Nagmaal beteken – Plek van Versoening, Plek van ontmoeting, Plek van bevestiging!

Van die bogenoemde is aangehaal uit Past L de Kock se werk.

Jesus Liefde
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com
  

1 comment:

  1. Sjoe dit is kragtig! Mens dink nooit eens daaraan dat jy hoogmoedig optree teenoor mense nie. Baie dankie vir die inligting, God Bless.

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...