Saturday 16 June 2018

Gelukkige Vadersdag aan al ons lesers


Image result for Dad playing with kids

Wat maak jou ‘n goeie vader? 


Vaders moet tyd spandeer aan hulle kinders, hulle moet nie te besig wees om te luister wanneer kinders hulle aandag soek nie, ja soms is jy besig en moet die kind(ers) weet om nie te pla nie, maar wanneer jy klaar is met jou pligte, maak op daarvoor deur aandag aan die kinders te gee.

Maak seker dat jou kinders gedissiplineerd is, kinders het dissipline nodig, net soos wat hulle liefde en kos nodig het om te oorleef.

As ‘n kind kan opkyk na sy aardse vader, is dit makliker om God die Vader se gesag aan te neem en Hom te volg. Vaders julle moet ‘n voorbeeld wees vir julle kinders om ‘n goddelike verhouding met God te hê, dit is jou opdrag in die Bybel, om jou kinders Godsvresend groot te maak (om God te respekteer as God!)

God se beeld word versteur as die vader nie die voorbeeld stel in areas soos gesag, vertroue, teenwoordigheid, aanvaarding, vergifnis, waardes, toenadering en kommunikasie nie!

“Jy moet die Here, jou God liefhê met jou hele hart en jou hele siel en al jou lewenskrag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees.”—Deut 6:5, 6.

Maak seker dat jy jou kind altyd prys wanneer hulle goed doen. Woorde soos “Ek is lief vir jou, Ek vergewe jou, Ek is trots op jou, Jy het goed gedoen, Jesus is trots op jou, God is lief vir jou” maak dat ‘n kind floreer!

(Spreuke 25:11). Lof help ’n kind om goeie eienskappe te ontwikkel. Kinders floreer wanneer hulle erkenning ontvang en weet dat hulle waardeer word. ’n Vader wat soek na geleenthede om sy kinders te prys, sal hulle help om selfvertroue op te bou en om die begeerte te ontwikkel om altyd te doen wat reg is.

Vaders wat hulle vrouens liefhet, stel ook die voorbeeld vir die kinders oor hoe hulle huwelike moet wees, vir die dogter, gaan sy ‘n man soek soos jy, vir die seun gaan hy sy vrou behandel soos jy joune behandel!

Vaders moet ten alle tye ‘n rol model wees vir die kinders, kyk wat sê die Woord!

'n Man is die hoof van die vrou. “Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.” 1 Kor 11:3

Mans moet hulle vroue liefhê. “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.” Efes 5:25.

‘n Man moet sy vrou dus so liefhê dat hy bereid moet wees om homself te offer vir haar.

Liefde gee die deurslag!

Liefde is en bly die grootste Gebod. Met ware getroue liefde vermag mens enigiets, verskuif jy berge!

Maak seker dat jou kinders weet dat jy lief is vir hulle, tot wanneer hulle gedissiplineer moet word.

Net vir ‘n stukkie humor…. Maak seker dat jy jou kinders goed behandel, hulle gaan eendag jou outehuis kies!

My gebed vir elke vader vandag!

Mag elke vader vandag die liefde van Ons Vader ervaar en weet dat Hy jou vertrou het met kinders, dankie dat jy ‘n goeie vader is vir jou kinders, mag God jou ryklik seen daarvoor en jou nog baie gesonde jare spaar om saam jou kinders te kan spandeer.

Geseend is jy in al jou wëe in Jesus Naam

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...