Sunday 2 July 2017

Wat kan ons doen aan die toestand van SA?


Image result for Groep mense wat saam bid

Ons gaan aan oor Hitler en se dit is verkeerd! Beleef ons nie dieselfde in ons land nie? Is ons regering nie ook Hitler-georienteerd nie? Moord, verkragtigng, onmenslike skending, wreedheid tot die ergste graad, verdrukking, geldgierigheid, mags-afdwinging, intimidasie! Klink dit soos Hitler se tyd?
Is dit Christelik reg? Jy leef in die land wat die Here jou God aan jou voorvaders Abraham en Jakob met 'n eed beloof het. Moet ons terug sit en alles aanvaar? Beslis nie! In die Bybel se tyd het hulle baklei vir hulle lande, en God het hulle bygestaan! Joshua staan voor die rivier te bang om oor te gaan omdat die magte aan die ander kant te groot is en God se "Moenie vrees nie, Ek is met jou, Ek wat JOU GOD is"

Ons regering verwerp Jesus, dit mag nie meer in ons skole geleer word nie, jy mag as Christen nie jou mond oopmaak nie dan word jy aangeval as klip-christen, rasis, "jy moet vergewe en vergeet", ons regereing gebruik geweld en mag om ons uit ons beloofde land te dryf. Miljoene vlug uit die land, miljoene word vermoor (holocaust??) En ons verdedig dit! Moet ons regering nie ook vergewe en vergeet nie? Gee aan Mandela wat mag aan hulle gegee het meer eer as aan God!

Efes 5:11 "en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer"

2Tim 4:2 &3 Verkondig die Woord, hou aan tydig en ontydig, weerle, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering (3) want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikheid"

Hoe baklei ons dit?

Met God aan jou sy! Bid vir jou land, Gee die eer TERUG aan jou Skepper wat hierdie wereld geskep het, die land wat HY aan jou gegee het, ons het SA nie gesteel nie, ons voorvaders het dit gekoop, geruil en God het hulle hierheen gestuur! Die beloofde land! Die infrastruktuur is deur ons voorvaders gebou, dit is jou erfdeel! Wat se ek nou eintlik? Hou op kla en kerm, kry die fondasie in jou lewe terug en bid vir jou land soos Die Here jou God jou beveel het om te doen!

  Ps 32:5  My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesĂȘ: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...