Monday 24 July 2017

Liefde is 'n Persoon!


 Image result for 1 Joh 4:8


“Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.” 1 Joh 4:8.

Ons het kortliks gekyk na Geloof, Hoop en Liefde. Die Woord sê dat die grootste hiervan is Liefde. Die rede is duidelik – Geloof is ‘n Krag, Hoop is ‘n Belofte en Liefde is ‘n Persoon.

Daardie Persoon is die Here Jesus Homself.

Jesus sê, “...Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. …” Joh 14:9. Christus het gekom om aan elkeen van ons die “onbekende God” te openbaar. “Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.” Hand 17:23. Daar was die vurige gode van die heidene wat kinder offers vereis het om hulle behoeftes te vervul. Daar was die dreigende gode van die Hindoes wat ‘n mens in ‘n nimmereindigende sirkel van soeke gelaat het – om later net ‘n koei te aanbid.

Daar was ook die wispeltreurige gode van die Grieke wat mense in twyfel gelaat het met die onverwagte draaie van die lewe. En dan was daar natuurlik ook die kwaai god van die Moslems, wat van sy volgelinge verwag om alle nie-moslem “infidels” uit te roei om hulle geloof te bewys, en dan hulle self dood te maak om sodoende 72 maagde in die hemel te bekom.

Selfs die “Christen” geloof is gevul met verskillende interpretasies en voorstellings rakende die “Een Ware God”, wie soveel mense dien uit skuldgevoel, vernederende skaamte en vrees in plaas van uit Geloof, Hoop en Liefde.

God is Liefde, en ons hoef net in die gesig van Jesus te kyk om alle twyfel en miskonsepsies oor God te weerlê. En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. Want geloof is ‘n krag, hoop is ‘n belofte, maar Liefde in ‘n Persoon. Jesus Christus van Nasaret.

Die oomblik wanneer hierdie Persoon jou bevriend en elke dag saam met jou stap sal jou geloof styg na ongekende hoogtes, jou hoop sal gevestig wees soos ‘n anker in die hemel terwyl jy seil oor die oseane en deur die storms van die lewe.

Mag jy die Persoon, Jesus Christus, aan jou sy hê en mag Hy jou lei en bystaan op jou lewenspad.

“Here Jesus, dankie dat U my lei en oprig. Dankie dat my geloof, hoop en liefde in U gevestig is. Ek verklaar vandag dat ek U onvoorwaardelik aanvaar en aanneem as my Verlosser en Saligmaker en verklaar dat ek glo dat U aan die kruis gesterf het vir my sonde en dat U fisies opgestaan het uit die dood. Ek verklaar dat U die Seun van God en self ook God is volgens Joh 1. Vervul my opnuut met die Heilige Gees en leer my om alles te volbring wat U my beveel het. In Jesus Naam vra ek dit. Amen.”

 (cobus van heerden - cvh@oicb.co.za)
Geplaas met toestemming van Tiaan Gildenhuys

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...