Friday 13 May 2016

Sukkel jy met verwarring?


Image result for confusion

Baie mense vandag sit vasgevang in verwarring en verstaan nie wie hulle is in Jesus nie.

Wanneer jy 'n wedergebore kind van God is, en jy streef na heiligmaking behoort jy nie met verwarring te sukkel  nie. God is 'n God van orde, nie van verwarring nie.

1Kor 14:33 want God is nie 'n God van wanorder nie, maar van vrede....

So waar kom jou verwarring vandaan? Satan!

Jy is uniek geskape deur God in God se Beeld. Satan verwar jou sodat jy nie in oorwinning kan staan nie, Hy is die vader van leuens, (Joh 8:44) die koning van die vlieë! Hy wil jou in verwarring bring sodat jy in rebellie kan kom met God.

So hoe moet jy weet of jy 'n kind van God is of dan nie?

As jy wedergebore is en jou bekering opreg was en jy volg die riglyne van God sal die Heilige Gees jou daarvan oortuig dat jy 'n kind van God is. Die Heilige Gees sal alle twyfel uit die weg ruim vir jou.

Maar jy het ook 'n opdrag om te verseker dat jy 'n kind van God is! Jy moet wegdraai van sonde, en as dit iets is waarmee jy regtig sukkel vat dit na die Here toe en bely dit as sonde en vra Hom om jou te help. God nooi ons uit in die Woord en vra jou "nader tot My sodat Ek tot jou kan nader!"

Ps58:9 -11 Ek wil hoor wat God die Here spreek. Ja, Hy spreek vrede vir Sy volk en Sy gunsgenote, maar laat hulle nie tot dwaasheid terugval nie! (10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees (respekteer), sodat heerlikheid in ons land kom woon. (11) Goedentierendheid en trou ontmoet mekaar, geregtigheid en vrede kus mekaar

Moenie twyfel oor God se liefde vir jou nie, Hy het Sy Seun vir jou gegee sodat Hy 'n verhouding met jou kan hê. Wanneer satan vir jou wil kom vertel jy weet nie wie jy is nie, of jy weet nie of jy opreg bekeer is nie, neem jou outoriteit op wat Jesus jou gegee het en stuur hom terug na die verderf waar hy hoort.

Ps 8:6&7  U laat hom (mens) heers oor al die werke van U hande, U het alles aan hom onderwerp....
tot satan!

Onthou God het jou aangestel net laer as die engele, satan is nie jou baas nie, jy het outoriteit oor hom, jy het die mag en gesag om hom op sy plek te sit in die Naam van Jesus.

Wees meer as 'n oorwinnaar deur Jesus wat jou krag gee,  (Fil 4:13) staan op jou identiteit as Kind van die Here, maar leef ook jou identiteit uit in Jesus. Ons kan onsself nie kinders van die Here noem en aangaan met die dinge van die wêreld nie. Ons is Jesus se verteenwoordigers, laat ons dit met trots doen.

Wees net die beste wat jy kan wees! God het jou lief met 'n ewige liefde!

As iemand gebed of geestelike raad benodig, kontak my op belindapaar@gmail.com

No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...