Thursday 2 April 2015

Weet jy waar jou kinders is?


Image result for lonely teenagers 


Ouer waar is jou kinders? Hierdie skoolvakansie het ek net weereens besef in watter toestand ons jeug is.

Hoe stukkend moet 'n kind wees as hy/sy SELF hulp gaan soek? Ek het sedert Maandag 4 kinders gesien en nie een van hulle se eie ouers het eens geweet dat hierdie kinders kom hulp soek het nie....ek praat nie van "tannie my motorfiets het gebreek nie" ek praat van DIEP gewortelde seer wat hierdie kinders rond dra en hulle ouers sien dit nie eens raak nie!!

Moenie dink jou kind is 'n tiener en gaan deur 'n fase nie! Jou kind se rebelsheid, opstandigheid, teruggetrokkenheid, luiheid, losbandigheid is NIE 'n fase nie, dit is nie TIENER-STADIUM nie, Jou kind is seer, rou, ongelukkig, verwerp, sit met vrese in sy/haar sielsdimensie!!

Jy kry pragtige oumas wat regtig inspring en probeer help en ek dank die Here vir hulle, maar skokkend is daar ook oumas uit die hel uit! Ouma, as jy nie van jou skoondogter hou nie, moenie jou kleinkinders teen haar opmaak nie! Jy’t nie idee wat jy aan jou kleinkind doen nie!!!

En pa...as jy oulik genoeg kon wees om 'n kind te kan maak, wees oulik genoeg om vir jou kind te kan sorg.... Daar is soveel pa's wat skei en NOOIT weer enige verpligting het teenoor SY EIE kind of kinders nie!....en ek sluit ma's nie uit hier nie! As jy genoeg geld het vir drank....het jy sekerlik genoeg geld om te sien jou kind het kos en klere nodig....maar meer dat jou kind jou aanvaarding en liefde nodig het!

God het genoeg vertroue in jou as ouer gehad, om vir jou 'n kind of kinders te gee.... Dit is JOU VERANTWOORDELIKHEID om jou kind te versorg en lieftehe en reg groot te maak.

Weet jy wat doen dit aan my as 'n tiener seun my vasgryp en huil soos 'n klein dogtertjie omdat ek liefde aan hom betoon? Waar is die kind se ouers in sy lewe? Of as 'n dogter met rooi gesiggie vir my moet vertel dat sy seks het met enige iemand wat beskikbaar is omdat sy liefde soek?

Sien jou kind raak, praat met jou kind, weet waar jou kind is!! Ek het nou die dag 'n 12-jarige meisie 7uur in die straat op 'n sypaadjie gekry wat so onder die invloed van dwelms was dat sy nie huis toe kon loop nie, toe ek haar vra waar bly sy kan ek haar ouers gaan haal, is haar antw "tannie hulle gee nie om waar ek is nie"

Regtig is dit wat God van jou as ouer verwag? More lees ons in die koerant die kind is verkrag en vermoor dan wil almal die SAPS en wereld die skuld gee (en tot vir GOD) en die ouers jammer kry!! Maar waar was die ouers toe die kind in die nag op straat was??

Mag Jesus ons kinders beskerm, en ons ouers wakker maak want meeste ouers het nie 'n idee wat in hulle kinders se lewens aangaan nie!

Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com

1 comment:

  1. Belinda, dit is so waar, dit is hartseer om te sien hoe die tronke vol van die kinders is vir petty crime omdat hulle geld nodig het vir drugs! En dat die ouers nie kan sien dat hulle kinders met probleme sit nie, gaan my verstand te bowe. Dankie dat jy dit geplaas het, ek hoop elke ouer lees dit.

    Dankie vir jou forum, dit is uitstekend en leersaam.
    Groete
    Bernice

    ReplyDelete

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...