Sunday 22 March 2015

Doodstraf? Wat se die Bybel?


Image result for cain and abel

Ek noem dit nie omdat ek rasisties  is of enige bybedoelings het nie, my bedoeling met hierdie inskrywing is slegs dat ons land nie by die riglyne van God se Woord hou nie, ek het dit net opgesoek in die Woord omdat daar soveel mense in ons pragtige land so wreed vermoor word. Ek is seker dat daar baie teen-antwoorde sal wees....soos vergifnis ens....maar hierdie is wat die Woord vir my gewys het oor moord pleeg.

Die eerste moord wat gepleeg was.
GEN 4:8-12
 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.

Wat se die Bybel hierna oor moord pleeg?

 10 Gebooies:

EX 20:13  Jy mag nie doodslaan nie.

Wat moet die straf wees as jy doodslaan?

GEN 9:6  Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

EX 21:12  Hy wat 'n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word.

EX 21:14  Maar as iemand moedswillig teen sy naaste handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van my altaar af wegneem, om te sterwe.

LIV24:17  En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

Suid Afrika is ons land…Die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee….die land waarin jy gebore is!!!

DEUT 19:9-14 
As jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel--dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,
sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.
Maar as iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug, dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.
Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.
Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.


DEUT 19:21  En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.


MATT 26:52  Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.

OPEN 13:10  As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.


Jesus Groete
Belinda

Indien jy geestelike berading of gebed benodig, kontak my, belindapaar@gmail.com


No comments:

Post a Comment

Melaatsheid

My doel met hierdie week se skrywe, is om net aan jou die wonderlikheid van ons Bybel te bewys en dat daar geen twyfel moet bestaan dat ons ...